×
Skakel na Engels

5 maniere om fyn lyntjies te beveg

Slim wenke om fyn plooitjies te bekamp

fyn lyntjies

1. Begin met ’n serum

“Dit bevat ’n hoër konsentrasie middels wat plooie teenstaan as ’n room,” sê dr. Mona Gohara van Yale School of Medicine in die VSA. “Een met vitamien C, ’n antioksidant, sal ook help om kollageenproduksie te stimuleer.” Probeer soggens Placecol Renaissance VitaLite C Restoring Serum met Liposome Vitamin C onder ’n vogroom
wat met sonskerm
verryk is.

2. Kamoefleer die lyntjies

Kraaispoortjies en marionetlyne laat jou ouer lyk, sê Gohara. Probeer dit saam met ’n tydelike opvuller soos Clarins Instant Smooth Line Correcting Concentrate en Justine Transform Volume Advance Line Diminisher om jou jeug
te herwin.

3. Reik na retinoïede

Retinoïede (chemiese verbindings wat aan vitamien A verwant is) veg in die voorste linie teen plooie. As jy las het van rooierigheid of afskilfering, meng ’n ertjiegrootte druppel retinoïede met dieselfde hoeveelheid teenverouderingsvog- room. Wend die vogroom eerste aan as jou vel supersensitief is. Ons hou van Neutrogena Retinol SA Anti-Wrinkle Deep Wrinkle Night Moisturizer en Environ Intensive Retinol 1.


4. Kies die regte onderlaag

Slaan die romerige onderlae oor, want dis geneig om te koek en rimpels op ’n onsuiwer vel te vorm, waarsku Heather Adessa, ’n grimeerkunstenaar. Hou by ’n ligte, vloeibare formule, soos Bodyography Natural Finish Foundation, en gebruik ’n kwassie om dit aan te wend. Vermy lang kwashale wat merke
 soos fyn lyntjies
 kan laat.

5. Slaan lipstiffie oor

Jy kan fyn lyntjies verbloem as jy jou lipstiffie vir lipglans verruil, sê Adessa. ‘Die jelagtige tekstuur vul jou lippe op, en omdat dit bo-op gaan lê, lyk jou lippe nie gekreukel nie. Lipstiffies, veral soorte met ’n mat voorkoms, gaan dikwels in die lyntjies lê. Ons hou van Sisley Phyto Lip Gloss in Rose.

FOTO: iStock/studiokovac

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 Maniere om Fyn Lyntjies te Beveg

Beveg fyn lyntjies so gou as wat hulle verskyn

Close