×
Skakel na Engels

5 maniere om beter vakansiefoto’s te neem

Stephen Alvarez, ’n fotograaf van National Geographic en ambassadeur van die Nokia Lumia-slimfoon, gee ons ’n paar wenke oor hoe jy die beste foto’s met jou slimfoon kan neem

 

 

1.     Kyk na die komposisie van jou foto

Hoekom is dit ’n goeie ding om ’n kamera in jou hand te hê? Jy kan die beste foto’s neem omdat jy jou kamera gereed het wanneer die aksie gebeur – maak gebruik hiervan! Maar neem eers ’n sekonde om na jou volledige raam te kyk. Neem die lig in ag, asook die agtergrond – dit kan help om die storie van daardie oomblik te vertel. Soek vir sterk kleure en grafiese kombinasies wanneer die lig nie so goed is nie en skenk aandag aan die kante van jou foto.

 

2.     Skiet hoog, skiet laag, skiet sywaarts

Om met ’n klein toestelletjie soos ’n slimfoon foto’s te neem beteken dat jy meer spontaan kan wees en natuurliker foto’s kan neem, soos wanneer mense nie weet hulle word afgeneem nie. Gebruik die grootte van jou foon tot jou voordeel: Dit is klein genoeg om deur goed te skiet, soos die reëling van ’n brug – moet net nie jou foon laat val nie! Toets ’n paar verskillende hoeke – dit gee jou nog meer moontlikhede. Moenie altyd die vervelige opsie van foto’s met reguit lyne kies nie.

 

3.     Neem baie foto’s en kies later die bestes

Die meeste slimfone het ’n “burst”-opsie, wat ook help om spontane oomblikke vas te vang. Of raak sommer net skietlustig en druk die knoppie ’n paar keer om die perfekte foto te neem. As jy meer dikwels foto’s neem, sal jy ook meer dinamiese foto’s neem – en jy sal hulle steeds geniet lank nadat die vakansie verby is.

 

4.     Sluit ’n menslike element in

Wanneer ’n mens ’n pragtige plek besoek, wil jy dit net vasvang! Maar as jy mense in jou landskapfoto’s insluit, maak dit die foto meer dinamies omdat dit ook ’n storie vertel. Deur meer “lae” in jou foto’s te hê trek dit mense in die foto in en plaas dit in konteks.

 

5.     Skiet vroeg, skiet laat

Die goue uur vir fotografie is vroeg soggens en laat smiddae. Doen moeite om op die regte tyd op die regte plek te wees en jy sal ongelooflike fotogeleenthede kry.

 

Gaan kyk na ’n galery van Stephen Alvarez se fantastiese foto’s oor sy avonture op National Geographic-ekspedisies – alles deur sy betroubare Nokia Lumia-kamera geneem. Is jy nie nou geïnspireer om die beste vakansiefoto’s nóg te neem nie?

 

Alle foto’s deur Stephen Alvarez (@alvarezphoto). Lees hier meer: http://www.nationalgeographic.com/nokia/everest/

 

 

 

 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die beste selfies by die Oscars!

Close