WENK #1 Meet jou kos af
Gebruik meetware soos koppies, lepels en ’n ordentlike kombuisskaal. Nadat jy vir ’n paar weke jou kos vir elke maaltyd afgemeet het, behoort jy die regte porsiegrootte te kan skat.
WENK #2 Gebruik kleiner bakke
Jy kom dalk agter die bak wat jy gedink het net een koppie sop hou, hou eintlik twee. Jy kon dus nog die heeltyd twee keer meer geëet het! Gebruik kleiner borde, bakke en selfs eetgerei.
WENK #3 Eet stadiger
Vat klein happies, kou stadig en sluk dit in voordat jy die volgende happie vat. Dit sal jou help om te weet wanneer jy genoeg gehad het en kan keer dat jy jou ooreet.
WENK #4 Pak oorskietkos dadelik weg
Jy sê vir jouself jy sal die res werk toe vat vir middagete, maar voor jy jou kom kry, is daar niks meer oorskietkos, wel, oor nie. Skep jou kos uit en pak die res dadelik weg sodat jy nie in die versoeking is om vir ’n tweede keer te gaan skep nie.
WENK #5 Wees slim wanneer jy uiteet
Bestel die halwe porsie, deel met ’n vriend of vra dat die stysel deur ’n porsie groente vervang word. (Eet eerste jou groente – dit laat jou vinniger voller voel.) Wanneer jy ’n slaai bestel, vra dat die slaaisous eenkant bedien word. So kan jy beheer hoeveel jy oorgooi.
LEES OOK
Vyf algemene dieetfoute wat vroue maak
Die lae-koolhidraat-hoë-vet-dieet