×
Skakel na Engels

5 kragkosse waarvan jy meer moet eet

Maak seker jy voeg van dié kosse by jou dieet vir ’n gesondheids- én gewigsverlies-hupstoot

 

 

1. Donker bessies

Bessies is propvol vesel, vitamiene en antioksidante – wat broodnodig is vir gesonde veroudering. Baie donker bessies (bloubessies, brame) bevat die meeste antioksidante.

Resep: Bloubessie-en-piesang-bakkie

 

2. Quinoa

Kies liewer dié graan as bruinrys of pasta omdat dit ’n volledige proteïen is wat al die noodsaaklike aminosure bevat wat jou liggaam nodig het. Dit bevat ook meer vesel as die meeste grane en dis propvol omega 3- vetsure met ’n plantbasis.

Resep: Geroosterde garnale met kruie-quinoa

 

3. Kaneel

Net ’n halwe teelepel fyn kaneel kan help om jou bloedsuikervlakke te reguleer. Jy voel honger sodra jou bloedsuikervlakke daal; kaneel kan dus jou honger stil. ’n Goeie idee: voeg ’n teelepel daarvan by jou koffiebone voordat jy dit maal.

Resep: Roosterbrood met grondboontjiebotter, roomkaas en pere

 

4. Ekstrasuiwer olyfolie

Koop dit altyd in ’n donker bottel; dit oksideer wanneer dit aan lig blootgestel word, wat sommige van die gesondheidsvoordele uitskakel.

 

5. Hoemoes

Die beste geriefskos! Jy kry vesel, proteïen, koolhidrate én gesonde vette in net ’n kwartkoppie vol!

Resep: Eiervrug-hoemoes

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Hoe om jou suikertand te beheer

Volg dié wenke van die voedingskenner Patrick Holford

Close