×
Skakel na Engels

5 kosse vir ’n vlekkelose gelaat

Skoonheid kom regtig van binne, en hierdie kosse bewys dit.
vlekkelose gelaat

’n Gesonde, gebalanseerde dieet behoort ons almal se mikpunt te wees, dit weet ons alte goed. Die voordele is immers baie, van gewigsverlies tot hope energie. Wanneer ons maaltye beplan en peuselhappies kies, vergeet ons egter dikwels dat ons vel ook ’n spieël is van wat ons eet. Dikwels is dit die eerste plek aan ons lyf waar ’n mens kan sien of ons gesond eet of nie. Die regte dieet kan help om allerlei gesondheidsprobleme hok te slaan, te verlig en selfs te voorkom.

Wil jy ook ’n stralende mooi vel hê? Hier is die “skoonheidskosse” wat deel van jou dieet moet vorm:

1. Brasiliaanse neute

Dié neute versterk jou immuunstelsel, verlig inflammasie, beveg hartsiekte en reguleer jou skildklier.

2. Pampoensade

Moenie dié wondersade onderskat nie. Nie net smaak pampoensade heerlik nie, maar die hoë sinkinhoud daarvan bevorder die vorming van kollageen, beskerm die vel teen die son se UV-strale en maak hare sterk en gesond. 

3. Frambose

Dié gewilde bessies is heerlik in vrugteskommels en oor hawermout. Bosbessies het ‘n hoë vesel- en lae suikerinhoud. Een koppie vars bosbessies bevat 8 g vesel, altesaam 23% van jou daaglikse vereiste inname.

4. Salm

Salm is ’n wonderlike bron van omega 3, wat noodsaaklik is vir gesonde hare en naels, en om die vel en lenige spiermassa gesond te hou. Nie ’n groot viseter nie? Probeer plantbronne soos okkerneute, chia-sade en vlassaadolie. 

5. Avokado’s

Dit is dalk duur wanneer dit nie in seisoen is nie, maar min kossoorte is so gesond soos ’n avokado. Dis goed vir jou spysvertering, hou hormone in balans (broodnodig vir ’n mooi vel) én dit help met die opneem van voedingstowwe.

FOTO: iStock/Eva-Katalin

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
E-sigarette en hoekom jy dit moet los

Is e-sigarette sleg vir jou?

Close