×
Skakel na Engels

5 huiswenke met ’n metaalhaarknippie

Wie sou kon raai!
Metaalhaarknippie

’n Metaalhaarknippie kan vir meer gebruik word as om ’n potensiële haarramp af te weer. Dit is ook ’n bekostigbare en handige “hulpmiddel” om iewers in ’n laai te hê.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

1. Ontpit ryp olywe

Olywe is heerlik, maar dit kan ’n pyn wees om die pit te verwyder sonder dat die olyf self in die slag bly. Druk eenvoudig albei punte van ’n haarknippie in ’n ryp olyf totdat die olyfpit en die punte van die knippie aan die ander kant van die olyf uitkom. Maak seker dat die punte van die knippie aan weerskante van die olyfpit is.

2. Hou spykers in posisie

Gebruik ’n haarknippie om ’n spyker in posisie te hou terwyl jy spykers in ’n muur kap. Skuif die punte van die knippie om die spyker om dit in plek te hou terwyl jy kap. Deur die knippie in plaas van die spyker vas te hou, verminder jy die risiko om jou vingers met die hamer raak te slaan. 

3. Gebruik dit as ’n boekmerk

As jy nie ’n boekmerk kan kry nie, maar ’n haarknippie byderhand het, kan jy dit oor die relevante bladsy skuif, en voila!

4. Druk jou laaste tandepasta uit

Is dit ’n gesukkel om die laaste bietjie tandepasta uit die buisie te kry voordat jy dit weggooi? Glip ’n haarknippie oor die onderkant van die tandepastabuis en skuif dit op na die opening.

5. Gebruik dit om jou belt se punt in toom te hou

As die punt van jou belt los hang omdat dit nie tot by die volgende lussie kan kom nie, kan jy die los punt vasmaak deur dit met ’n haarknippie aan die oorvleuelende gedeelte van die belt vas te steek.

FOTO: iStock/koosen

LEES OOK:

Briljante tuiswenke vir die besige vrou

Briljante tuiskure vir vlekke

13 klerewenke om jou lewe makliker te maak

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 baie oorspronklike waterspaarwenke wat jy kan probeer

Hierdie kreatiewe oplossings sal jou inspireer!

Close