×
Skakel na Engels

5 huisskoonmaakfoute

Sal jou huis die skoontoets slaag?
huisskoon foute

Jy het die kombuistoonbank ’n laaste vee gegee en jy kyk rond in jou pas skoongemaakte huis en slaak ’n sug van verligting dat die skoonmakery eindelik verby is. Maar is jy seker jy het regtig so ’n goeie taak verrig as wat jy dink?

“Wanneer ons huis skoonmaak, is ons geneig om by dieselfde roetines te hou – vee, vryf, stofsuig  maar deur dit te doen weet ons nooit of ons regtig ons huis skoonmaak of dit bloot afvee nie,” sê Shakil Ahmed, handelsmerkbestuurder van Chemico.

Om huis skoon te maak is iets waarna nie baie van ons uitsien nie, en sodra ons begin het, lyk dit of dit nooit gaan ophou nie. Baie plekke word dus misgekyk of ons dink dis goed genoeg om net vinnig af te vee.

Ahmed lig vyf foute uit wat die meeste mense maak wanneer hulle hul huis skoonmaak:

  1. Jy kyk deurhandvatsels mis. Dit sluit nie net die handvatsels op deure in nie, maar ook jou yskashandvatsel, mikrogolfhandvatsel, oondhandvatsel, kabinethandvatsels, ensovoorts. Jy en jou gesin vat meer as een keer per dag aan hierdie handvatsels en kieme versprei dus maklik. Gebruik Chemico se bekroonde Liqui Cleen, wat in ’n verskeidenheid geure beskikbaar is, om jou handvatsels skoon te maak sodat jy kan seker wees dit bly kiemvry.
  2. Jy maak jou vloere eerste skoon. Fokus op toonbanke, mure en enige iets anders voordat jy by die vloere kom. Dis altyd beter om die vloere laaste skoon te maak, want krummels en ander dinge kan op die vloer beland terwyl jy skoonmaak, en jy kan die vloere vuil maak terwyl jy op en af loop gedurende die skoonmaakproses.
  3. Jy vegeet om jou skoonmaakgereedskap skoon te maak. Jou mop, jou lappe en jou stofsuier werk hard vir jou, en daarom moet jy daarvoor sorg. Om dit bloot af te vee of met water af te spoel raak nie ontslae van die vuiligheid wat gedurende die skoonmaakproses daarop aanpak nie. Maak seker jy was dit goed en week lappe en jou mop om te keer dat jy jou huis met vuil artikels probeer skoonmaak.
  4. Jy maak jou ruite skoon terwyl die son skyn. Dit is nie ’n goeie idee nie, want jou reinigingsproduk sal droog wees voordat jy kans kry om dit af te vee, en dit sal strepe op die vensters laat. Die beste tyd om vensters te was is later in die dag wanneer die son laer sit, of wanneer dit bewolk is.
  5. Jy ignoreer die drein. Kieme en bakterieë bou onder die propgat op en as jy dit nie by jou skoonmaakroetine insluit nie, kan dit kieme onder jou wasbak laat broei. Met Chemico Drain Cleen kan jy seker wees dat jou dreine skoon en kiemvry is.

 

Lees ook:

5 noodsaaklike huishoudelike skoonmaakprodukte

Dinge wat jy moet begin skoonmaak wanneer jy kinders het

5 goed wat jy behoort skoon te maak, maar nie doen nie

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die vyf algemeenste foute wat mense met Banting maak

Ons weet almal dit is aanvanklik opwindend as ons met ’n nuwe dieet begin, maar ons vind gou uit dit...

Close