×
Skakel na Engels

5 goed om vandag te doen om allergieë te klop

Hierdie wenke sal jou minder laat nies gedurende die warmer seisoene
allergiëe

Dis die middel van die lente en hooikoors vier hoogty. Stuifmeel is die ooglopendste sondaar wanneer dit hierdie tyd van die jaar by allergieë kom, maar daar is ook ander redes vir jou niesery. Gelukkig is daar iets wat jy daaraan kan doen.

  1. Stofsuig jou bed Jou matras huisves ’n klomp stofmyte, wat dooie velselle as voedsel gebruik. Raak ontslae van hierdie allergiesnellers deur jou bed te stofsuig.
  2. Was jou kussings In die lente en somer hou jou dooie velselle, saam met hitte en humiditeit, stofmyte lewendig. Was jou kussings deeglik om enige kans op allergiese reaksies te verminder. Jy kan ook jou kussings ontsmet deur dit vir 15 minute by 55 ºC in die tuimeldroër te gooi.
  3. Sny rooiwyn uit Dis hoog aan sulfiete en word met druiwedoppe gefermenteer, wat ’n proteïenallergeen bevat. Dit is dus beter om dit te vermy. Jammer!
  4. Vermy rook As jy rook, moet jy dit dalk oorweeg om op te hou, en as jy saam met rokers woon, wees bewus daarvan dat tweedehandse rook net so skadelik kan wees.
  5. Laat doen ’n allergietoets Omdat jy nie net stuifmeel en stofmyte kan blameer nie, moet jy ook ’n dokter gaan spreek wat kan vasstel waarvoor jy allergies is en vir jou kan sê of dit behandel kan word.

Lees nog

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 kosse om jou energie te gee

Gee jou lyf en gemoed ’n energiehupstoot met hierdie agt gesonde eet- en drinkgoed.

Close