×

5 gesondste slaaibestanddele

Maak ’n slaai wat met kilogramme klaarspeel – gebruik bestanddele wat min kilojoules bevat

salad ingredients

1. Groen blaargroente

 

Hoekom? Vervelige ysbergslaai bevat nie veel voedingswaarde nie. Kies liewer gesonder en smaakliker spinasie en gemengde blaargroentes.

Hoeveel? Soveel soos jy wil.

 

2. Peulgewasse

 

Hoekom? Peulgewasse soos kekerertjies is propvol proteïen, vesel en voedingswaarde én dit laat jou vinniger en vir langer versadig voel.

Hoeveel? Sowat twee eetlepels (165 kJ).

 

3. Vars groente

 

Hoekom? Dit bevat min kilojoules, maar heelwat voedingswaarde en vesel. Kies onverwerkte groentes (broccoli, tamaties, groenboontjies, wortels) wat heelwat kleur en afwisseling bied. Bly weg van koolslaai en aartappelslaai – dis dikwels met kilojouleryke slaaisouse gemeng.

Hoeveel? Beperk stysels (soos mielies en aartappels) tot sowat ’n ¼ koppie (125 kJ); andersins is daar geen beperkings nie.

 

4. Kaas

 

Hoekom? Kies ’n volroomkaas wat geuriger is (soos gerasperde parmesaan, gekrummelde feta of bloukaas) vir ’n smaaksensasie, maar gebruik dit spaarsamig.

Hoeveel? Sowat 1 eetlepel (105 kJ).

 

5. Olywe

 

Hoekom? Dit bevat heelwat hartgesonde mono-onversadigde vette en is propvol geur.

Hoeveel? Jy kom ver met min. Beperk dus dié happie wat hoog in kilojoules is tot sowat 2 eetlepels gekapte olywe of 3 tot 4 heel olywe (125 kJ).

 

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Fantastiese video oor gewigsverlies

Kyk hoe dié vrou 40 kg in net 5 sekondes afskud – danksy die LKHV/Banting-dieet

Close