×
Skakel na Engels

5 gesondheidswenke vir somerdae

Kry die meeste uit jou somerdae

 

 

1. Word ’n tuintemmer Trek jou skoene uit en voel die gras onder jou voete. Of maak jou hande vuil – jou stresvlakke kan glo daal deur net jou hande in die grond te druk!

 

2. Kom ’n bietjie uit ’n Buitelug-aktiwiteit is ’n moet in die somer. Stap, ry fiets of swem sodat jou brein goedvoelhormone kan afskei.

 

3. Hou ’n ogie oor jou oë Maak seker jou sonbril keer minstens 99% ultraviolet strale (UVA en UVB). ’n Goeie sonbril kan jou oë ook teen katarakte beskerm en plooie op hul plek hou.

 

4. Stof tot nadenke As jy ’n dakwaaier het, moet jy seker maak dit waai nie ’n klomp stof in jou huis rond nie. Klim op ’n leer, stof dit met ’n klam of mikrovesellap af, spuit ’n veeldoelige reiniger op ’n stuk papierhanddoek en vee daarmee oor die waaierlemme.

 

5. Byderhand! Dra ’n spesiale mediese armband wat mense inlig dat jy allergies vir bysteke is. Die Allergievereniging van Suid-Afrika raai mense met ernstige allergieë aan om ’n adrenalieninspuiting saam te dra, terwyl ander weer antihistamienpilletjies byderhand moet hou.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die 5 ergste dieetfoute wat jy maak

Wil jy graag voor die somer ’n kilo of twee verloor? Maak seker jy vermy hierdie dieettaboes

Close