×
Skakel na Engels

5 gesonde eetgewoontes vir vegetariese kinders

Met behoorlike beplanning kan ’n vegetariese dieet ’n gesonde keuse wees wat aan jou groeiende kind se voedingsbehoeftes voldoen

 

 

“Kinders het nie nodig om ’n dieet te volg nie, maar hulle moet behoorlik eet vir optimale breinontwikkeling en -funksionering,” sê Caryn Davies, ’n geregistreerde dieetkundige.

 

Essensiële vette speel ’n kritieke rol in breinfunksionering en -ontwikkeling. Die uitdaging is egter om jong smaakknoppies sover te kry om te hou van visolie-aanvullings en haring, pelsers en sardyne wat die vereiste konsentrasie van dié olies bevat en ’n aangeleerde smaak is.

 

’n Vegetariese dieet ryk aan sade kan die beste alternatief wees om te volg, sê Davies. Neute, sade, heelgrane en groente is ryk bronne van omega 3- en omega 6-vette.

 

Die vegetariese leefstyl plaas ook klem op plantproteïenbronne, wat geglo word gesonder as diereproteïene is vanweë hul laer vetinhoud. Selfs al is vegetarianisme nie jou keuse vir elke dag nie, is dit die moeite werd om van die voordelige komponente te oorweeg wat dit veral vir jou kinders het.

 

 

Fry’s Family Foods, een van die wêreld se grootste vervaardigers van bevrore vegetariese produkte, beveel die volgende vyf vegetariese gewoontes vir kinders aan:

 

 

1. Maak jou dieet kleurryk

Ons brein trek voordeel uit ’n wye verskeidenheid van vitamiene wat van ’n verskeidenheid vrugte en groente kom, soos:

  • Wortelstokkies, piesangs en pers druiwe.
  • Komkommerrepies, kersietamaties en gesnyde pynappel.
  • Heelpitmielies, appels en skywe spanspek.

 

 

2. Pluk vars vrugte

 

Vars vrugte is beter as droëvrugte omdat dit nie die hoë konsentrasie suiker of preserveermiddels bevat wat in droëvrugte voorkom nie.

 

 

3. Kies neute

 

Neute en sade bevat breinvoedingstowwe. ’n Klein daaglikse snoeppakkie met pampoenpitte, sonneblomsade, gemengde neute en ’n paar rosyne vir die pret sal baie help om tot die ontwikkeling van skerp verstandelike aktiwiteit by te dra.

 

 

4. Voeg spruite by

 

Jy kan self spruite soos alfalfa maak en dit gebruik om toebroodjies opwindender en gesonder te maak, en kinders sal dit geniet om self spruite vir hul etes te maak.

 

 

5. Hidreer met water

 

Water moet die hoofbron, indien nie die enigste nie, van hidrasie wees. Ander drinkgoed kan klein magies volmaak, wat kan keer dat hulle die regte kos eet, of onnodige suiker by die dieet voeg.

 

 

Besoek Frys se webwerf vir nog inligting oor hul produkte, heerlike resepte en slim kosblikidees.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 eiervrye Banting-ontbyte

Moeg van hardgekookte eiers? Elke. Liewe. Oggend? Probeer een van dié eierlose lae-koolhidraat-opsies

Close