×
Skakel na Engels

5 geheime om jou oë jonger te laat lyk

Niks meer moeë, pofferige oë nie. Dié wenke sal jou jare jonger en goed uitgerus laat lyk

 

 

1. VORM JOU WENKBROUE

Iets eenvoudigs soos om yl wenkbroue in te kleur of dit netjies te pluk kan soos ’n mini-gesigontrimpeling wees. Dit sal jou outomaties wakkerder laat lyk.

 

2. VERMINDER POFFERIGHEID

Sit ’n metaalteelepel in die vrieskas en gebruik dan die agterkant van die lepel om swelling rondom jou oë liggies te masseer. Wag totdat die swelling gesak het voordat jy bevogtiger aanwend wat jou vel weer pofferig kan laat lyk.

 

3. VERSTEEK SAKKE ONDER JOU OË

Bruingrys oogskadu wat net onder jou onderste wimpers aangewend is, kan pofferigheid help verbloem deur dit te laat lyk of jou vel insak. (As jy ’n donkerder vel het, gebruik ’n warmer bruin oogskadu.)

 

4. VERBLOEM DONKER KRINGE

Jy kan dit met die regte verbloemer “uitvee”. Kies ’n roomformule wat effens ligter as jou velkleur is. Een met ’n perskekleur ondertoon sal blou kringe laat vervaag, terwyl ’n pienk skakering bruin kringe sal verbloem.

 

5. KIES DIE REGTE OOGROOM

Daar’s een vir elke probleem onder die son (en rondom jou oë).

  • As jy met pofferigheid sukkel, probeer ’n room met kafeïen en vitamien K. Dié bestanddele help vog onttrek.
  • Speel klaar met kringe: ’n Room met kafeïen (weer eens!) sal die bloedvaatjies vernou wat kringe veroorsaak.
  • ’n Formule met vitamien C of arbutien kan bruin vlekke help verdof.
  • Produkte met retinol sal lyntjies om jou oë versag omdat dit kollageenproduksie aanhelp, en antioksidante sal toekomstige skade help voorkom.

 

LEES OOK

Beskerm jou oë

Keer dat maskara smeer

5 grimeerfoute om te vermy

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Oorkom nageboortelike depressie

Tot 40% van ma’s in Suid-Afrika word deur nageboortelike depressie geraak. Ons kyk na die versteuring, die simptome, behandelingsopsies beskikbaar...

Close