×
Skakel na Engels

5 foute wat dit moeiliker maak om jou oond skoon te kry

Spaar jouself moeite deur dié foute te vermy. Deur Verity Mann
oond skoonmaak

Om die oond skoon te maak is beslis een van ons minder gunstelingtake. Moet dit dus nie vir jouself moeiliker maak as wat dit reeds is nie! Volg dié wenke van die Good Housekeeping-instituut in die VSA om jou oond met min moeite weer silwerskoon te kry.

FOUT #1: Jy gebruik nie ’n beskermingslaag nie 

OPLOSSING: Voorsorg is beter as nasorg! Jy kan oondvelle koop wat maklik is om skoon te maak. Hierdie kleefvrye velle is in verskillende groottes beskikbaar om alle oonde te pas en dit beteken jy hoef nooot weer die bodem van jou oond skoon te skrop nie! As jy dit nie in die hande kan kry nie, plaas ’n leë oondpan op die onderste rak om enige stukkies of spatsels op te vang. 

FOUT #2: Jy wag te lank

OPLOSSING: Sodra jy die oond klaar gebruik het, plaas ’n hittebestande bak vol water binne-in, stel dit op hoë hitte en los vir 20 minute. Dit sal help om die vuiligheid los te stoom. Wanneer die oond afgekoel het, vee die binnekant skoon. Dit beteken dat wanneer jy jou oond die dag ’n deeglike skrop gee, daar baie minder werk sal wees! 

FOUT #3: Jy vergeet van die oondrakke

OPLOSSING: Het jy geweet jy kan oondrakke in die skottelgoedwasser pak? As dit nie inpas nie, laat week dit in ’n groot plastiekhouer vol warm water met ’n bietjie skottelgoedwasseep (sit dit in die bad om te keer dat jy op die vloer mors!). Gebruik ’n ligte skropmiddel om enige taai stukkies kos of vuiligheid af te skrop. 

FOUT #4: Jy vergeet van die glasdeur

OPLOSSING: Skraap enige aangebrande kosstukkies met ’n spatel af, en gebruik dan ’n spesiale oondreiniger om enige oorblywende vuiligheid te verwyder. Jy kan ook ’n pasta van koeksoda en ’n bietjie water gebruik. As die glasdeel vewyderbaar is, laat week dit in warm water met ’n bietjie opwasmiddel om die vuiligheid uit elke hoekie en gaatjie te kry. 

FOUT #5: Jy sit nie jou kos in ’n sakkie nie

OPLOSSING: Gebruik oondsakkies om vleis, vis, hoender of selfs groente in gaar te maak sodat jy minder in die oond mors.

 

Van: Good Housekeeping UK

Foto: iStock/kirstyokeeffe

LEES OOK:

Hoe om smerige oondrakke skoon te maak

Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak

Verwyder gesmelte plastiek uit jou oond

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Só raak jy van kakkerlakke ontslae

Raak eens en vir altyd van hierdie onwelkome gaste ontslae! Deur Caroline Picard

Close