×
Skakel na Engels

5 feite wat ’n voetheelkundige wil hê jy oor voetswamme moet weet

Hierdie dinge is ’n moet as jy jou beste voetjie wil voorsit!
voetswamme

’n Swaminfeksie van die toonnael is besonder moeilik om te behandel. Mondelinge medikasie, direkte aanwending van medikasie en laserbehandeling kan alles verniet wees as ’n besmette skoen weer gebruik word. Die voetheelkundige Karin Brückner, skepper van die Medipod-voetsorgreeks, kry daagliks met dié soort voetinfeksies te doen. Hier deel sy vyf feite wat jy oor voetswamme moet weet.

Swamspore is ORAL

Swaminfeksies kom nie net op jou voet voor nie, maar ook op die vel en toonnaels. Besmetting vind plaas wanneer ’n mens oor ’n oppervlak loop waar iemand anders met ’n infeksie geloop het. Swaminfeksie van die toonnael is veral moeilik om te behandel.

Seep en water help nie!

Swamme se hoofdoel is om te vermeerder en ’n spoor met multi-kapsules te vorm. Dié spoor is immuun teen gewone seep en water en kan selfs warm water weerstaan. Duisende rande word jaarliks aan die behandeling van swaminfeksies bestee, juis omdat besmetting so gereeld voorkom.

Ja, oefen is ’n risiko

Vel op die voet wat jeuk, sleg ruik of afdop kom algemeen voor onder atlete en mense wat aktief is, en word dikwels met swamme of bakterieë geassosieer.

Lees: 3 stappe om jou voete reg te kry vir sandale

Kry hulp, gou!

Word dit nie behandel nie, kan voetswamme – veral toonnaelinfeksies – dit pynlik maak om selfs net te loop. Soos wat die siekte erger word, word naels bros, met stukke van die nael wat afbreek en sleg begin ruik. Sonder behandeling word die nael dikker en kan dit uiters pynlik wees om skoene te dra. Raadpleeg jou apteker vir die beste behandeling.

Jou voete is maar net die begin . . .

Jy moet ook jou badkamer en stort behoorlik ontsmet om seker te maak jou voete loop nie weer deur nie.

FOTO: iStock/VladimirFLoyd

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief