×
Skakel na Engels

5 fantastiese vrieskasfeite

Ons het 5 slim maniere om jou vrieskas ten beste te gebruik – van stoorplek tot skoonmaakwenke

 

 

1. Is jy moeg daarvoor om jou roomysbak in die mikrogolfoond te sit om dit sag te maak voordat jy dit kan opskep? Bêre eenvoudig die hele bak in ’n herseëlbare sak in die vrieskas en jou roomys sal reg wees om elke keer net te kan opskep.

 

2. Raak bevrore enkelporsie-hoenderborsies en halwe pakkies spek weg in jou vrieskas? Hou ’n plastiekhouer waarvan die deksel weg is op ’n rak vir dié brokkies en stukkies.

 

3. Om ’n toegevriesde vrieskas vinnig en maklik te ontvries, sproei ’n warm soutwateroplossing op die ys. Dit sal help dat die ys heelwat vinniger as gewoonlik smelt. (Gebruik dié oplossing net vir ’n geseëlde vrieskas waar daar geen elemente is wat uitsteek nie.) Vee deeglik met skoon water af.

 

4. Jy sal verbaas wees watter kosse goed vries. Probeer gerasperde kaas vir pizzas, botter, gaar rys en gebakte muffins. Volgende keer wat jy ’n slaai of groentegereg berei, sny van dit op om te vries – dis ideaal om op die laaste minuut op ’n Sondagaand in ’n sop te omskep.

 

5. Gebruik jou vrieskas soos jy jou yskas gebruik – plaas kos wat eerste geëet moet word waar dit maklik raakgesien kan word, eerder as agterin. Wanneer jy jou inkopielys of maaltydplan vir die week saamstel, maak seker die bevrore kosse wat eerste geëet moet word, is maklik bereikbaar.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
’n Liefdesverklaring

Dis die maand van liefde en almal se oë is vol sterre. Dié video, A Declaration of Love van Schwarzkopf,...

Close