×
Skakel na Engels

5 fantastiese begroting-apps

Bestuur jou geld slim met hierdie begroting-apps
begroting-apps

Die huidige finansiële klimaat beteken ons moet nou, meer as ooit tevore, tred hou van ons geldsake. Gelukkig het moderne tegnologie dit vir ons moontlik gemaak ons ons geld slimmer en makliker te bestuur. Hier is vyf begroting-apps om jou te help.

1. 22seven van Old Mutual 

Sien al jou geld op een plek met hierdie oorbruggende app. Jy sal al jou rekeninge (bankkaarte, kredietkaarte, lenings, winkelkaarte en dies meer) moet koppel sodat jy elke inkomende en uitgaande transaksie kan sien. Die app bereken dan jou gemiddelde daaglikse/weeklikse en maandelikse besteding, en voorspel hoeveel jy tot aan die einde van die kalendermaand sal bestee. Jy kan hierdie app boonop gebruik om jou belastingopgawe te doen omdat al jou belastinginligting reeds in die app gestoor is.

2. Goodbudget (voorheen EEBA)

Hierdie app is fantasties vir gekombineerde begrotings. Dit kan byvoorbeeld moeilik wees om ’n gesin van vier op ’n begroting te hou, maar hierdie app maak dit baie makliker. Die gekategoriseerde stelsel maak dit makliker om geld vir rekeninge eenkant te hou sodat jy nooit onkant betrap word nie. Dit sinchroniseer tussen mobiele toestelle en die web sodat jy en die lede van jou gesin altyd weet waar geld uitgegee is en hoe die res bestee kan word.

3. Mint 

Die Mint-app gebruik die data van jou gekoppelde rekeninge om jou besteding en transaksies te bereken, en bou grafieke sodat jy jou bestedingspatrone maklik kan sien. Mint is fantasties vir persoonlike finansies omdat dit jou help om jou geld met verwikkelde detail te bestuur sodat jy kan verstaan waar om te besnoei en waar jy kan belê en meer geld spaar.

4. Mvelopes

Die Mvelopes-app kombineer gekategoriseerde begroting (envelope budgeting) met die nuutste tegnologie en ondersteuning sodat jy beter finansiële besluite kan neem. Hierdie app is fantasties vir diegene wat nie net wil sien waarheen hul geld gaan nie, maar ook wil leer hoe om beter daarmee te werk.  

5. HomeBudget

Die HomeBudget-app is fantasties om tred te hou van geld wat aan baie spesifieke goed bestee word, byvoorbeeld elektrisiteit, toiletware of kruideniersware. Die eenvoud van die app maak dit baie maklik om te gebruik en verstaan. Deur te kyk na die grafiek wat die app op grond van jou transaksies bou, kan jy vir jou gerief transaksies met kleure in spesifieke kategorieë kodeer.

Foto: iStock/milicad

LEES OOK:

5 wenke om geldsake in jou verhouding te bestuur

5 wenke om dié maand geld te spaar

Laat jou geld soos bossies groei

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 wenke om geldsake in jou verhouding te bestuur

Geldkwessies kan selfs die sterkste verhouding ontspoor. Doen nou hierdie stappe om wrywing in die toekoms te vermy

Close