×
Skakel na Engels

5 dokumentêre wat jou verhouding met kos sal verander

Dink dalk twee maal voordat jy weer jou gunsteling-burger bestel!

Elkeen van ons het ’n baie spesifieke verhouding met kos, maar joune mag dalk verander nadat jy ontdek het wat alles in jou geliefkoosde burger kom! Hier is vyf dokumentêre wat jou ongetwyfeld anders na kos sal laat kyk:

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

1. Food, Inc.

Dié Oscar-benoemde rolprent werp lig op die kommerwekkende toename in vetsug, die geheimsinnige en korrupte voedselpraktyke van die Amerikaanse voedselbedryf, en die maniere waarop ’n aantal voedselmaatskappye die manier waarop voedsel vervaardig word, verander het. Dit bied ook ’n interessante kykie na die snelheid waarteen kos verbruik word en die angswekkende verrassings wat jy in jou kos kan kry. Dit is ’n móét-sien!

Kyk hieronder na die lokprent vir Food, Inc.:

2. Forks Over Knives

Hierdie inspirerende en insiggewende dokumentêr handel oor die vernietigende effek wat die kos wat jy eet, op jou liggaam kan hê. Daar word geredeneer dat indien jy meer plante by jou dieet insluit of ’n dieet volg waarvan plante die basis vorm, jou liggaam homself van gemorskos kan begin genees.

Kyk hieronder na die lokprent vir Forks Over Knives:

3. Earthlings

Hierdie kragtige dokumentêr, waarvan Joaquin Phoenix die verteller is, werp lig op die mishandeling van diere regoor die planeet. Die rolprent beklemtoon mense se afhanklikheid van diere, nie net vir voedsel nie, maar ook vir troeteldiere, kleding, vermaak en wetenskaplike navorsing. 

Kyk hieronder na die lokprent vir Earthlings:

4. Cowspiracy: The Sustainability Secret

Dié dokumentêr toon die negatiewe manier waarop die dierebedryf ons planeet beïnvloed. Dit werp ook lig op wat mense kan doen om ’n verskil te maak. Cowspiracy: The sustainability secret sal jou oë oopmaak en jou siening van die Amerikaanse voedselbedryf waarskynlik verander.

Kyk hieronder na die lokprent vir Cowspiracy: The sustainability secret:

5. Fat, Sick & Nearly Dead

Dié rolprent handel oor die pad van Joe Cross, ’n taamlik oorgewig man wat sy eetgewoontes wil verander en weer wil fiks word. Hy besluit om vir 60 dae net van sap te leef, die begin van sy pad na ’n gesonder liggaam. Fat, Sick & Nearly Dead wys daarop dat jy jou gesondheid kan verbeter as jy jou ongesonde eetgewoontes verander en ’n gesonde leefstyl aankweek.

Kyk hieronder na die lokprent vir Fat, Sick & Nearly Dead:

Hooffoto: iStock/Images_By_Kenny

 

LEES OOK:

5 maniere om met jou kinders oor gesonde kos te praat

Kies die beste olie as deel van jou gesonde eetplan!

8 wenke om jonk en gesond te bly

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
9 dinge wat jy nooit in die drein mag afgooi nie

Dink twee keer voordat jy hierdie items in die drein afgooi

Close