×
Skakel na Engels

5 Dinge wat suksesvolle mense voor 09:00 doen

Word wakker en staan op, want die geheim tot sukses is in die eerste paar uur van die dag.
  1. Hulle staan vroeg op

Ons almal weet dat jou dag nie op ’n goeie noot begin wanneer jy deur jou oggendroetine jaag en deurmekaar lyk en voel wanneer jy by die huis uitstap nie. Stel jou alarm vir minstens ’n uur vroeër.

2. Hulle oefen

Oefen daagliks voordat jy heeltemal daarvan vergeet. As dit te aanloklik lyk om nog ’n paar minute lank te slaap, kry ’n oefenmaat om jou gemotiveerd te hou.

  1. Hulle beplan hul dag

Of jy nou lysies uitskryf of ’n app op jou foon gebruik, prioritiseer jou dagtake. Dit sal jou nie net help om op jou doelwitte te fokus nie, maar jy sal ook jou tyd beter bestuur.

  1. Hulle skakel hul gedagtes af

Neem slegs ’n paar minute om jouself geestelik voor te berei vir die dag en uitdagings wat voorlê. Mediteer, hou stiltetyd, of geniet eenvoudig ’n koppie koffie op jou eie.

  1. Hulle eet ontbyt

Jy weet reeds dat ontbyt die belangrikste maaltyd van die dag is en nou weet jy dat selfs “belangrike” mense tyd daarvoor inruim. Eet iets vullends soos hawermout of eiers wat jou tot middagete versadig sal hou.

 

LEES OOK

Word ‘n oggendmens in 10 maklike stappe

Wees meer gefokus en energiek

Is jy alewig laat?

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 maniere waarop ONS ons jeug kan help

Vandag is Jeugdag, maar baie Suid-Afrikaanse kinders sal nie die geleentheid hê om in leiers te ontwikkel nie. Hier is...

Close