×
Skakel na Engels

5 dinge om te vermy wanneer jy bevogtiger aanwend

Nie alle tegnieke is ewe goed nie.

1. Jy wend dit aan ’n droë vel aan
Jy behoort bevogtiger aan te wend sodra jy jou gesig gereinig het. Punt. As jy dit nie doen terwyl jou vel nog klam is nie, sal jy jou kans verspeel om die vog binne te hou voordat dit verdamp.

2. Jy dink duurder produkte beteken dis van ’n hoër gehalte

Vergeet die snobisme wanneer dit by jou velsorgprodukte kom. Net omdat ’n room van R2 000 blykbaar met fyngemaalde maanrots en die geur van feetjies verryk is, maak dit nie ’n wondermiddel teen veroudering nie. Daar is hope fantastiese bevogtigers op die mark wat nie ’n fortuin kos nie.

3. Jy los die bevogtiger wanneer jou vel olierig voel
Daar is ’n algemene wanopvatting dat ’n olierige vel nie bevog hoef te word nadat dit gereinig is nie, maar dit is eenvoudig nie waar nie. Wanneer jy jou vel met sterk reinigers was en nie bevog nie, begin jou vel te veel olie vervaardig om die vog te vervang. Gebruik liewer olievrye bevogtigers en olievrye onderlae om te keer dat dit te olierig raak.

4. Jy wend dit nie sagkens aan nie
Dis belangrik om jou vel versigtig te behandel wanneer jy vogroom aanwend – moet dit nie net aanplak en invryf nie, want as jy aan jou vel pluk en trek, kan dit jou vel beskadig en plooie vorm. Wend dit sagkens in sirkelbewegings met skoon vingerpunte aan en gebruik dan jou ringvinger om bevogtiger en oogroom aan jou delikate oogarea aan te wend.

5. Jy vergeet jou nek
Een van die grootste tekens van veroudering is ’n nek en décolletage vol plooie. As jy nie ’n spesiale teenverouderingsroom vir jou nek gebruik nie, onthou dus om jou daaglikse bevogtiger aan jou nek en borsarea aan te wend – anders kan jy met ’n pragtige gladde gesig en minder aantreklike nek- en borsarea opeindig.

Oorspronklik deur Samantha Escobar geskryf vir GoodHousekeeping.com.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Maak jou eie haarsproei om koeke uit te kry in minder as ’n minuut!

Danksy hier vinnige, maklike tuisgemaakte haarsproei hoef jy nooit weer met geknoopte, gekoekte hare te sukkel nie.

Close