×
Skakel na Engels

5 beste Trots SA-aanlyngeskenkwinkels

Local is lieflik! Doen aanlyn inkopies vir dié wonderlike Suid-Afrikaanse kopies

 

 

1. DIE PERSOONLIKE STEMPEL

 

Bederf ’n vriendin met verpersoonlikte skryfbehoeftes met die kunstenaar Tracy Paul se oulike ontwerpe, beskikbaar by www.macaroon.co.za.

 

Geskenkkaartjies R220 vir 18. Notaboek R280.

 

 

 

2. HANDGEMAAK MET LIEFDE

 

Myang se ontwerper-babaskoene en -bykomstighede word gebrei, gestik, gedruk en met die hand gemaak deur ’n span vroue in Port Elizabeth, van wie verskeie uit benadeelde gemeenskappe kom. Bel 084 910 8131 of besoek www.myang.co.za.

 

Dié steweltjies van geblomde fluweel met glipvrye sole is beskikbaar vir kinders van 6 tot 12 maande, 12 tot 18 maande en 18 tot 24 maande. R280, aflewering en verpakking in ’n bedrukte middelslagsak met ’n intrekkoord.

 

Sagte kombersie met handgestikte hartjies en voëltjies R360, aflewering en verpakking in ’n groot bedrukte sak met ’n intrekkoord ingesluit.

 

 

 

3. KOEL KRALE

 

Teken ’n vriendin in by www.beadbox.co.za (vanaf R229 vir ’n maand-subskripsie) en sy sal elke maand ’n tema-selfdoen-boksie met krale kry om juweliersware te maak, kompleet met die stap-vir-stap-aanwysings.

 

Anouschka Venter, wat dit begin het, sê: “Ek het Beadbox as werkende ma begin omdat ek gesukkel het om weer kreatief te wees nadat ek my twee seuns gehad het. ’n Vriendin het my ’n paar basiese kraalwerkbeginsels gewys en dit het ’n stokperdjie geword. Hoe meer ek geleer het, hoe meer het ek besef baie vroue voel dalk geïntimideer deur die moeite en koste om nuwe krale en materiale in die hande te kry of om nuwe idees te kry. Dis hoekom ek Beadbox begin het.”

 

Pix: Kyk op die webwerf of kontak anouschka@beadbox.co.za, 082 927 8374

 

 

4. SCATTER MEMORIES

 

Die Photo Cushion is ’n wonderlike memento van spesiale familiegeleenthede of vakansies saam met vriende – en die maatskappy maak nou ook vliesstofkombers met foto’s! E-pos eenvoudig jou foto’s aan hulle en hulle sal vir jou masjienwasbare kussings of komberse maak. 50 x 50 cm-kussing vanaf R450; 140 x 140 cm-kombers vanaf R850. (Sluit aflewering in die volgende gebiede in: Sentraal-Johannesburg, Pretoria, Durban, Kaapstad). www.thephotocushion.co.za

 

 

 

5. BESOEK DiÉ AANLYN-WINKELSENTRUM

 

Besoek die nuwe aanlyn-winkelsentrum www.re-fined.com, waar jy pragtige, plaaslik vervaardigde huisware, mode-artikels en geskenke van verskeie handelsmerke kan koop.

 

 

 

1. Lemmetjiekleur protea-teelappie deur Yum Yum Textiles, R125

PIC: www.re-fined.com

 

2. Slaai-“lepels” deur Snapp Design, R149

PIC: www.re-fined.com

 

3. Opgaarboks deur CakeGoed, met die Boerneef-gedig “Die Berggans het ’n veer laat val” daarop. R300, grootte 344 mm x 270 mm x 254 mm.

PIC: www.re-fined.com

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 yskas-wenke

Vier wenke om jou yskas koel en jóú kalm te hou

Close