×
Skakel na Engels

5 apps wat elke werkende vrou móét hê

Bly op hoogte van werksverpligtinge, deel doenlysies en kry selfs tyd vir oefen terwyl jy by die werk is
apps

Daar is vandag op elke “Hoe doen ’n mens dit?”-vraag ’n “Kry daai app”-antwoord. En dis waar – danksy slim app-ontwikkelaars wat aan álles dink, is daar min aspekte van ons lewe, en veral ons werkslewe, wat nie met behulp van ’n paar klieke bestuur kan word nie. Ongeag die veld waarin jy werk, hierdie app’s is gewaarborg om jou lewe as besige beroepsvrou of werkende ma te vereenvoudig (en jou gesondheid te verbeter!).

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

1. Wunderlist

As jy ’n kranige lysiemaker is, is hierdie app ’n móét! Met alles wat jy op ’n daaglikse basis moet doen en onthou, is dit net ’n kwessie van tyd voordat jy een of twee dinge vergeet. Maar nie met Wunderlust nie – dié app is ideaal om jou met die afmerk van al jou professionele en persoonlike verpligtinge te help.

Skep en deel kruideniers-, werk- of huishoudelike lysies met enige iemand wat die app het; maak memo’s en delegeer take; werk saam met kollegas aan gedeelde projeklyste; vereenvoudig die beplanning van ’n sake- of gesinsreis met behulp van geordende kontrolelyste, en meer. Laai dit hier af.

2. Desk Job

Ons almal weet dat te veel sit ’n nadelige uitwerking op ons gesondheid het. As jy te besig is om voor of ná werk te oefen, kan jy dalk oorweeg om ’n bietjie aktiwiteit op kantoor in te werk. Desk Job kom saam met ’n verstelbare tydtoestel vir “pouses” en meer as 70 strek- en kragoefeninge wat jy by die werk kan doen. Jy kan die sit- en rusintervalle volgens jou dagprogram aanpas. Laai dit nou vir Android af. Dit is ook beskikbaar vir Apple-gebruikers.

3. Evernote

Evernote is een van die wêreld se top-apps vir aantekeninge maak. Werk slimmer, nie harder nie, en spaar jouself hope tyd en energie danksy hierdie app. Maak aantekeninge, deel dokumente, brei jou lyste uit met skakels en stemboodskappe, en stoor en organiseer al jou aantekeninge op een plek. Laai dit hier af.

4. 22seven

Maak jou banksake en begroting maklik met hierdie veilige app. Skakel al jou bankrekeninge, krediet- en winkelkaarte, beleggings en lenings sodat jy al jou geld op een gerieflike plek kan sien en bestuur. Bly op hoogte van jou besteding sodat jy binne jou begroting kan bly, belê jou geld verstandig, en meer. Hierdie trots Suid-Afrikaanse app verdien ’n plek op jou tuisskerm! Laat dit hier af.

5. Hours

Wil jou kop draai wanneer jy aan jou werksure, -skofte of -skedules dink? Laai Hours af om op hoogte van elke sekonde te bly, onthounotas te maak of opgetekende tyd volgens ’n spesifieke kliënt of projek te besigtig. En dis nie al nie – jy kan ook gedetailleerde verslae nagaan en deel, en jou tydstaat met aantekeninge bywerk. Dit is soos om ’n persoonlike tydbestuurder in jou handpalm te hê. Dit is slegs beskikbaar vir Apple-gebruikers, maar Android het sy eie weergawe: Hours – Time Tracker.

FOTO: iStock/PeopleImages

LEES OOK:

7 gratis fiksheid-apps om jou te help verslank

Hoekom jy liefs nie jou foon oornag moet laai nie

Weet só of jou slimfoon nagespoor word

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Weet só of jou slimfoon nagespoor word

Loer of luister iemand jou dalk deur jou foon af? Jy kán jou slimfoon bestand maak!

Close