×
Skakel na Engels

5 algemene tandeborselfoute

Moenie dié mondhigiënefoute maak nie

 

 

1. Ons kies harde borsels …

… terwyl ons almal sagtes of ekstra-sagtes behoort te gebruik om skade aan en resessie van ons tandvleis te verhinder, sê die tandarts dr. Leena Palomo. (Harde borsels is vir kunstande, nie mensetande nie.) Hou die turboborsels om tussen teëls skoon te skrop!

 

2. Ons borsel te hard

As jy te veel spierkrag gebruik, selfs met ’n sagte borsel, sal jy jou tandvleis beskadig en eindelik tandemalje laat verweer, sê dr. Alice Boghosian, woordvoerder van die Amerikaanse Tandheelkundevereniging. Met ’n gewone tandeborsel, moenie so hard druk dat dit die borselhare uitsprei nie. As jy ’n elektriese borsel gebruik, sit dit net aan en beweeg dit van tand na tand sonder om daarop te druk.

 

3. Ons volg nie die twee-minute-reël nie

Dis hoe lank dit neem om jou tande behoorlik te borsel, met ’n hand- óf elektriese tandeborsel, sê die tandarts dr. Eugene Antenucci.

 

4. Ons ignoreer die tong

‘Die tong huisves baie bakterieë van wat jy eet en drink, sê die tandarts dr. Kellee N, Kattleman Stanton. Daardie bakterieë kan na jou tande versprei wat die risiko van gaatjies, tandvleisontsteking en slegte asem kan vergroot. Maak seker jy borsel die hele oppervlak van jou tong – voor én agter.

 

5. Ons bêre ons tandeborsels in reishouers

Jy dink dalk dit beskerm jou teen kieme, maar dit vang inderwaarheid bakterieë vas. Nog ’n moenie: om jou tandeborsel in die skottelgoedwasser te gooi. Dit kan die borselhare beskadig sodat dit nie hul werk kan doen nie.

 

– Hallie Levine Sklar

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 verskonings oor gewigsverlies wat jy moet ophou maak

Moet dit nie uitstel nie – dis tyd om na jou gesondheid te kyk! Deur Juju Kim

Close