×
Skakel na Engels

5 algemene foute wanneer jy ’n bra kies

Waardevolle inligting vir alle vroue
bra meet

Statistieke toon dat 80% van vroue die verkeerde branommer dra. Om jou branommer te bepaal klink heel eenvoudig, maar om die een of ander rede kry ons dit gereeld verkeerd! Borste wat bult, bra’s wat gaap en ‘n gebrek aan ondersteuning blyk die algemeenste probleme te wees. Ernstig nou, hoeveel keer was jy al by ‘n onderklerewinkel waar jy ná ‘n professionele passing besef het dat jy die laaste paar jaar ‘n paar nommers uit was?

Vermy die volgende 5 foute wanneer jy ‘n bra kies: 

1. Aanlyn bestellings

Ongelukkig is aanlyn bra-aankope slegs vir enkele geseëndes onder ons beskore. Dis moeilik genoeg om in lewende lywe die regte bra te gaan koop, laat staan nog oor die internet.

2. Om te dink dat ‘n groter branommer beteken dat jy oorgewig is

Dit is nie noodwendig waar nie. Die heel belangrikste is om seker te maak dat jy behoorlike ondersteuning geniet. En om dan jou seëninge te tel. Kurwes moet gevier word, soos die plusgroottemodel Ashley Graham (onder) wys.

3. Om eerder ‘n bandjienommer as ‘n keëlnommer op te gaan

Hierdie misvatting kan dikwels met bogenoemde fout verbind word. ‘n Toename in borsgrootte beteken nie dat jy op ander plekke toeneem nie! Fokus eerstens op die keël voordat jy na enige iets anders kyk. 

4. Om die hakies nie tot jou voordeel te gebruik nie

Hakies wat reg vasgemaak word, maak ‘n reuse-verskil aan ondersteuning, pas en gerief. 

5. Om te dink dit maak nie saak as jou bra teen jou rug opkruip nie

Nee, nee, nee. Dit beteken dat jou bra jou nie behoorlik ondersteun nie, en dat jy waarskynlik ‘n groter keël- of bandjienommer nodig het.

Foto: iStock/VladimirFLoyd

Lees ook: 

10 modewenke om jou jonger te help lyk

6 mode-noodsaaklikhede om die lugversorging in jou kantoor te oorleef

Daar is ’n groot verskil tussen mode en styl

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 maniere om borskanker te help beveg

Ondersteun dié handelsmerke om die stryd teen borskanker te help oorwin

Close