×
Skakel na Engels

4 yskas-wenke

Vier wenke om jou yskas koel en jóú kalm te hou

 

 

1. Voer deurrakke, vrugte- en groentelaaie met kombuispapier uit om glipse op te vang.

 

2. Hou klewerige artikels (soos houers met konfyt, sous en stroop) in ou roomyshouers. Wanneer dit mors, kan die houers uitgehaal en afgespoel word – en jou rakke bly sonder taai strepe.

 

3. Maak hardnekkige vuiligheid skoon met ’n klam spons waarop koeksoda gestrooi is. Só roei jy vuiligheid en reuke sagkens uit.

 

4. Hou rou vleis in herseëlbare vriessakkies en sit dit op ’n bord op die onderste rak (die koudste in die yskas) om enige iets wat lek op te vang.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Skoonmaak-wenke vir ná partytjies

Wanneer jou kuiergaste huiswaarts gekeer het, bly jy – en al die gemors – alleen agter. Hier is wenke om...

Close