×
Skakel na Engels

4 wenke wat jou in 2017 ryk(er) sal maak

Neem beheer van jou geldsake met dié vier slim geldwenke

 

1. WORD ’N BEHEERVRAAT

Te veel maand aan die einde van jou geld oor? Kry ’n begroting-app op jou slimfoon. Dis soos die tegno-weergawe van ’n kasboek – jy kan met elke aankoop die item en bedrag intik en dit volgens kategorieë stoor. Dit werk selfs beter as jy ’n maandelikse limiet opstel. Probeer Account Tracker of MoneySmart.

9 maniere om jouself teen bedrog te beskerm

2. BEGIN NÓÚ MET ’N NOODFONDS

As jou goeie voornemens om geld weg te sit elke maand deur ’n besige lewe, oordadige besteding of blote vergeetagtigheid in die wiele gery word, het ons innige simpatie, maar daar ís ’n manier. Skep ’n outomatiese oordrag uit jou lopende rekening vir die begin van elke maand en – hier’s die belangrike deel – behandel dit met dieselfde respek as enige ander vasgestelde maandelikse betaling.

3. SAMEL PUNTE IN

As jy ’n kredietkaart gebruik, maak seker dis een waarmee jy punte verdien elke keer dat jy iets daarmee betaal. Gebruik jou kaart vir al jou aankope en kry selfs meer punte. Hoe jy jou kredietkaart ook al gebruik, stel ’n regstreekse debietorder op om dit elke maand af te betaal sodat dit jou nooit rente kos nie.

5 redes hoekom jy altyd teen betaaldag platsak is

4. DOEN JOU HUISWERK

Versekeringsmaatskappye maak daarop staat dat ons outomaties ons polisse hernu en verhoog dikwels die koste. Dit sal dom wees om nie die hernuwingskennisgewing as ’n geleentheid te beskou om mededingers se pryse te vergelyk om ’n beter aanbod te kry nie.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die begrotingsrede in ’n neutedop

Die hoogte- en laagtepunte en alles wat jy móét weet

Close