×
Skakel na Engels

4 wenke om jou kinders beter te help studeer

Dis die begin van ’n nuwe skoolkwartaal en die perfekte tyd om jou kinders te help om op hul beste te presteer

study

1. HELP HULLE OM GEORGANISEERD TE WEES

’n Ongeorganiseerde kind het waarskynlik slegte studiegewoontes, wat nog erger is as haar studieplek ook ongeorganiseerd is. Help haar om dit te orden deur van onnodige items ontslae te raak en ’n liasseerstelsel vir huiswerk te begin. Moedig haar ook aan om daaglikse doenlysies neer te skryf en leer haar om op ’n maandelikse kalender van take tred te hou.

 

2. SKEP DIE REGTE ATMOSFEER

Dit kan regtig ’n kind se motivering om te studeer maak of breek. Maak die vertrek waarin hy leer ’n vrolike, gemaklike (maar nie te gemaklik nie!) en kreatiewe ruimte. ’n Funky lessenaarstoel of interessante skryfbehoeftes sal hom positief help hou.

 

3. VRA HULLE UIT OOR SKOOL

Moenie die gesprek laat eindig met iets soos: “Dit was oukei” of: “Daar het nie veel gebeur nie”. Vra vrae om hulle aan te moedig om met jou oor skool te gesels, maar ook om hulle opgewonde daaroor te maak. Probeer: “Is jy seker jy het nie vandag minstens een nuwe ding geleer nie?” of: “Wat was jou gunsteling-deel van die dag?”

 

4. GEE ERKENNING VIR HUL PRESTASIES

Dit maak nie saak of dit ’n groot toets of ’n klein klasvasvra was nie – wens hulle geluk met hul prestasie. Wees trots, maar moet dit nie oordoen nie! Wanneer jy die kleiner prestasies erken, sal dit hulle help besef dat elke punt tel en hopelik sal dit hulle aanmoedig om harder te werk.

 

 

Deur Diana Trotter

Kliek hier vir nog wenke.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Kind se oulike reaksie op Superman

Kyk na dié klein seuntjie se verwonderde reaksie op die toneel uit Man of Steel, waar Superman vir die eerste...

Close