×
Skakel na Engels

4 wenke om jou eie heerlike poke-gereg te maak

Jy hoef nie na ’n restaurant toe te gaan om hierdie gewilde gereg te geniet nie!
poke-gereg

Poke (uitgespreek “poukei”) is ’n kosneiging wat deesdae letterlik en figuurlik op almal se lippe is! En met die verfrissende en heerlike geure van hierdie tradisionele Hawaise gereg, is ons voor in die koor om dié neiging self te beproef.

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

In die Hawaise taal beteken die woord “poke” om te kerf of te sny. Dit is basies ’n rouvisslaai wat as voorgereg of hoofgereg voorgesit kan word. Die goeie nuus is, jy hoef nie na ’n poke-restaurant toe te gaan om hierdie smullekker gereg te eet nie. Haar is ’n paar oulike wenke om jou eie heerlike poke-gereg by die huis te maak:

1. Kies ’n basis

Wat so wonderlik van ’n poke-bakkie is, is dat jy dit volgens jou smaak kan maak. Kies dus ’n basis waarvan jy hou, of dit nou sushi-rys of ’n gesonder opsie soos bruinrys, blomkool of groen blaargroente is. Wees kreatief! 

Wenk: Sou jy op rys besluit, moet dit warm wees. Klewerige of nat rys kan ’n goeie poke-gereg bederf. Probeer dus eerder ’n ryskoker vir perfekte rys.

2. Besluit op ’n proteïen

Tuna en salm is gewilde keuses wanneer dit by poke kom. Dit is belangrik om die varsste vis te gebruik wat jy in die hande kan kry. Sny jou vis eers in filette en dan in blokkies. Vir die beste resultate moet jy saam met die grein van die vis sny.

As jy nie vis vir jou poke-gereg wil gebruik nie, is ander proteïene soos hoender of tofu goeie plaasvervangers. 

3. Kies ’n sous om jou gereg af te rond

Wanneer dit by jou sous kom, moet jy mooi kies, want baie van die gereg se geur word daardeur bepaal. Souse soos soja- en ponzu-sous, en wasabi- en sitrusgeure is heerlik en boonop ideaal vir saam met vis.

4. Pak jou bakkie

Dit is nou tyd om heerlike en vars bestanddele in jou bakkie te pak. ’n Goeie poke-gereg bestaan uit kontrasterende geure, temperature en teksture. Kies ’n interessante kombinasie van vars vrugte en groente (avokado is ’n heerlike opsie), sowel as edamame-bone, neute, sade en speserye, piekelgemmer, en knoffel en rissies of rissievlokkies vir ’n bietjie hitte.

UCOOK het onlangs sy Guest Chefs-veldtog geloods – ’n reeks opwindende samewerkingsgeleenthede met van Suid-Afrika se beste restaurante. Heel eerste aan die beurt was Suid-Afrika se eerste poke-restaurant, Hokey Poke. “Ons is altyd op soek na nuwe maniere om dinge vars en opwindend te hou en het besluit om saam met ons gunsteling-smaakskeppers van Suid-Afrika se toprestaurante te werk – waarvan Hokey Pokey die eerste is,” sê David Toff, medestigter van UCOOK.

Besoek UCOOK se webwerf, www.ucook.co.za, om weekliks op die hoogte van hulle nuwe en opwindende samewerkingsgeleenthede te bly. Volg @ucooksa op Facebook@UCOOKSA op Twitter en @ucooksa op Instagram

FOTO: iStock/sveta_zarzamora

LEES OOK: 

 
 
Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief