×
Skakel na Engels

4 verrassende oorsake van veroudering

Vier ongelooflike oorsake van veroudering!
veroudering

1. Kougom

Die “geen kougom”-reël op skool was in werklikheid ‘n strategie teen veroudering! “Die bewegings van ‘n konstante gekou kan tot plooie om die mond en selfs hangwange lei,” sê die dermatoloog dr. Macrene Alexiades-Armenakas. As jy jou kougomgewoonte nie sonder meer kan laat staan nie, beperk jouself tot twee stukkies kougom per week, met ongeveer 10 minute se koutyd. As jy kougom gebruik om jou suikerlus teë te werk, moet jy dalk eerder ‘n koppie tee drink.

2. Hitte

Infrarooistraling (IR) word deur enige iets vrygestel wat hitte afgee. Hoe warmer ‘n voorwerp is, hoe meer IR word vrygestel. Al kan gekontroleerde vlakke IR goed wees, kan ‘n oormaat daarvan vlekke op jou vel of melasma veroorsaak. Verminder jou blootstelling deur nie te lank voor ‘n warm stoof te staan nie, en lui eerder af wanneer jou foon warm raak.

3. Tech-nek

In ‘n onlangse studie is daar bevind dat ons gemiddeld meer as 150 keer per dag op ons fone kyk. Elke keer wanneer ons dit doen, kyk ons af en maak ons nekvel voutjies, wat voortydige plooie kan veroorsaak. Beveg hierdie plooie deur jou foon op ooghoogte te hou wanneer jy daarna kyk. Die gebruik van ‘n nekroom met retinol of peptiede kan natuurlik ook nie seermaak as strategie teen veroudering nie.

4. LED-ligte

In teenstelling met wat geglo word, is die son se UV-strale nie die enigste vorm van lig wat ons vel beskadig nie. Die LED-gloeilampe wat in die meeste huise en kantore gebruik word, stel ook UV-strale vry. Alhoewel binnenshuise ligte baie veiliger as die son is, is dit maklik om jou blootstelling aan hierdie strale te verminder. Ruil die gloeilampe in jou huis met lae-watt-gloeilampe of energiebesparende KFL-gloeilampe.

Lees ook:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 wenke om te keer dat jou mond droog is

Ons sukkel almal van tyd tot tyd met ’n droë mond, maar wat beteken dit wanneer jou mond die hele...

Close