×
Skakel na Engels

4 van die beste “groen” restaurante in Kaapstad

Verrassing … die meeste van hulle is in Tuine!

 

Uiteet is heerlik, maar om in ’n lieflike tuin te eet is selfs beter. In die gees van die Pantone-kleur van die jaar vir 2017, Greenery, het ons vier van die beste restaurante met ’n bietjie groenigheid in Kaapstad gekies.

Kloof Street House, Tuine

Foto van www.kloofstreethouse.co.za

Kloof Street House in die besige Kloofstraat is die vergestalting van ’n Victoriaanse droomhuis. Besoek hierdie tuin op ’n somerse dag of gaan drink skemerkelkies voordat julle die naglewe in Langstraat gaan verken.

021 423 4413 | info@kloofstreethouse.co.za | Kloofstraat 30, Tuine

The Rose Bar, Constantia-wynlande

Foto van www.alphen.co.za

Verbeel jou jy staan met ’n skemerkelkie in die hand terwyl jy 00r 12 acre pragtig versorgde grasperke uitkyk en na die klanke van ’n platejoggie in die agtergrond luister. Dit is wat jy op ’n tipiese middag by The Rose Bar kan verwag.

021 795 6300 | events@alphen.co.za | Alphen-boetiekhotel, Alphenrylaan, Constantia 

Societi Bistro, Tuine

Foto van www.societi.co.za

Hierdie klein buitelug-bistro sal jou laat voel of jy in Europa is. Societi Bistro gebruik net die beste plaaslik verkrygde organiese bestanddele en is die perfekte kuierplek vir plaaslike kosliefhebbers. Jy kan ’n informele fynproewer-ervaring in die hart van die stad verwag, net ’n klipgooi van Tafelberg af.

021 424 2100 | info@societi.co.za | Oranjestraat 50, Tuine

Yours Truly, Tuine

Foto van www.yourstrulycafe.co.za

 Yours Truly Café & Bar is onder jakarandabome geleë en dis waar jy bedags fantastiese koffie sal kry en saans yskoue boetiekbier. Vat ’n blaaskans vir skemerkelkies en die klanke van plaaslike musiekgroepe, platejoggies en akoestiese vertonings by die dakkroeg, Up Yours, elke naweek.

021 426 2587 | info@yourstrulycafe.co.za | Kloofstraat 73

LEES OOK:

Die 5 beste kos-fabriekswinkels in Kaapstad

Kaapstad se vyfster-hondehotel

10 kindervriendelike restaurante

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Vrolik jou tuin op

Gee kitskleur buitenshuis met ’n paar vrolike potte

Close