×
Skakel na Engels

4 tydlose haarstyle vir etniese hare

Lyk op jou mooiste met hierdie haarstyle!
haarstyle vir etniese hare

Ons is almal dol oor ’n nuwe haarstyl, maar met so baie modeneigings wat kom en gaan, is die opsies eindeloos. Hierdie vier style vir etniese hare sal nooit uit die mode raak nie.

1. Die afro

Voor die tye van versteilers en chemiese behandelings was die Afro hoogmode, en dit is steeds. Hierdie natuurlike voorkoms is gewaarborg om die koppe te laat draai, ongeag die geleentheid. Die sleutel tot ’n wilde, tekstuurryke Afro is die produk wat jy gebruik. Kies produkte met natuurlike olies soos klapperolie, olyfolie of galambotter as die hoofbestanddeel.

Lees: 8 tuisgemaakte haarbehandelings vir elke haartipe

2. Individuele vlegsels (box braids)

’n Veelsydige haarstyl wat altyd goed lyk. Vlegsels verg min onderhoud en bly lank mooi. Boonop kan dit op soveel verskillende maniere gestileer word. En as jy dit goed versorg, kan dit tot drie maande hou. Hou dit in stand deur dit gereeld te was en spuit minstens twee keer ’n week vlegselsproei aan.

3. Rytjies vlegsels (cornrows)

Gevlegde haarstyle is ideaal vir die besige vrou. Anders as individuele vlegsels is rytjies vlegsels vinnig en maklik om te maak, wat salontyd halveer. Met so baie style om van te kies kan rytjies vlegsels jou gesig en jou hele voorkoms transformeer. Die kuns om dit vars te laat lyk is om elke aand met ’n kopdoek te slaap.

Lees: Wat jou hare nodig het om op hul beste te lyk

4. Borselkop

Lyk jeugdig met ’n kort styl soos ’n borselkop. Jy het nodig om ’n salon te besoek of ekstra produkte te gebruik nie – staan net soggens op, borsel en geniet hierdie natuurlike voorkoms. Voeg kleur by om dit ekstramooi te laat lyk.

FOTO: iStock/PeopleImages

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
8 wenke vir pragtige etniese hare

Volg hierdie stileerwenke oor hoe om jou etniese hare pragtig en gesond te hou.

Close