×
Skakel na Engels

4 top-somermarkte

Geniet die heerlike weer met goeie kos, vermaak en inkopies weg van die gewoel. Hier is ons gunstelinge

 

 

Kaapstad

 

Groote Post-kontreimark – Die nuwe kontreimark net buite Darling is wonderlik vir die hele gesin. Ontspan op die grasperk terwyl die kinders op perde- en trekkerritte gaan en snuffel rond vir kuns- en kunsvlytinkopies. Daar is ’n oorvloed van varsprodukte, asook ingelegde kos, liplek-lekker pasteie, kase, bewerkte vleis en veel meer.

 

Wanneer: Laaste Sondag van die maand

Tyd:    10:00 tot 15:00

 

 

 

Johannesburg

 

Bryanston se organiese en natuurlike mark – Johannesburg se oorspronklike buitelugmark bied ’n wye verskeidenheid van kunstige tuisgemaakte produkte. Snuffel deur die stalletjies en koop alles van kos tot juweliersware, klere, kuns- en kunsvlytartikels terwyl jou kinders aktiwiteite soos sandkuns geniet. Wins van die verkope van goedere op die mark gaan aan die ontwikkeling van die Michael Mount Waldorf-skool.

 

Wanneer: Donderdae en Saterdae

Tyd: 09:00 tot 15:00

 

 

 

Pretoria

 

Irene Village Market – Kosstalletjies, ’n gelisensieerde teetuin, kunsvlytprodukte, klere, blomme en oudhede – daar’s ’n eindelose lys dinge wat jou van ’n heerlike oggend uit kan verseker.

Wanneer: Laaste Saterdag van elke maand

Tyd: 09:00 tot 14:00

 

 

 

Durban

 

I Heart Market – Daar is sjefstafels vol heerlike kosse, van muffins tot kouevleise, asook juweliersware deur plaaslike ontwerpers en tweedehandse juweeltjies. Verken al die stalletjies onder die boë van die Moses Mabhida-stadion. Dis ’n wonderlike platform vir plaaslike ontwerpers en fynproewers om hul talente te wys.

Wanneer: Eerste Saterdag van die maand

Tyd: 09:00 tot 14:00

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief