×
Skakel na Engels

4 stomende stories

Sexy romanse is vuurwarm – dis al meer as twee eeue die geval. Hier is vier boeke om te geniet, van die eerste erotiese roman in Engels tot vandag se leesplesier wat jou tone sal laat omkrul van lekkerte

 

 

1. VIR ROMANSE MET ’N BIETJIE GESKIEDENIS

 

A Duke Of Her Own deur Eloisa James

Bedags is sy 
’n akademikus en saans ’n skrywer van romanse. James weet net hóé om historiese fiksie in warm slaapkamerstories te omskep. Kies dit as jy meer intrige en minder erotiek verkies.

 

 

2. VIR KLASSIEKE LEESSTOF VOL WELLUS

 

Fanny Hill deur John Cleland

Dié eksplisiete verhaal van ’n prostituut se opgang in die samelewing is die eerste keer in 1748 gepubliseer, maar was tot in die 1960’s in die VSA en Engeland verbied. Dit word beskou as die roman wat dié genre in Engels ingelei het.

 

 

3. VIR AANHANGERS VAN Fifty shades of grey

 

Bared To You deur Sylvia Day

Soos Shades was Day se roman ’n selfpublikasie. ’n Paar weke later het die verhaal van twee gekwelde siele in die glansryke New York City die ore van ’n uitgewer per riemtelegraaf bereik en dit was die begin van blitsverkoperstatus.

 

 

4. VIR DIEGENE WAT DIT OP UNIVERSITEIT GEMIS HET

 

Lady Chatterley’s Lover deur D.H. Lawrence

Dié vurige verhouding tussen ’n vrou uit die hoë stand en ’n wildopsiener het talle Engels-literatuurstudente – én ouer lesers – dwarsdeur die nag laat blaaie ritsel.

 

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Sterre en hul boeke

Jenny le Roux, die eienaar van die boetiekwinkel Habits, vertel ons van haar liefde vir lees

Close