×
Skakel na Engels

4 stappe om jou maskara elke keer perfek aan te wend!

Vind uit hoe om jou maskara soos ’n kenner aan te wend
mascara

Of jy nou ’n natuurlike of ’n dramatiese voorkoms verkies, maskara aan jou wimpers raam jou gesig in ’n kits terwyl dit jou oë vars en verfris laat lyk. Hoe jy dit aanwend, is belangrik. Volg dus hierdie 4 stappe vir die perfekte wimpers:

Stap 1

Begin deur ’n wimperkruller te gebruik. Dit skep ’n sagter en natuurliker krul. Druk dit liggies op die basis van jou wimpers, dan op die middel en eindig by die punte. Hou dit vir 10 sekondes op elke plek en laat los.

Stap 2

Voordat jy jou maskara aanwend, draai die stafie in die buisie rond, maar MOET DIT NIE POMP NIE, want dit druk lug en bakterieë in die buisie in, wat jou maskara vinniger sal laat uitdroog.

Stap 3

Begin altyd om jou maskara by die wortels van jou wimpers aan te wend en werk boontoe in ’n wikkelbeweging. Begin by die basis en wikkel die borseltjie van links na regs in plaas van reguit op vir wimpers met meer volume.

Stap 4

Vir ekstra definisie, draai jou maskarastafie vertikaal (dit moet opwaarts wys) en wend dit aan jou wimpers vir ekstra lengte.

Volg hierdie 4 stappe vir volmaakte wimpers elke keer!

 

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 vinnige grimeerkunsies van die kenners

Hierdie maklike grimeerwenke sal jou op jou beste laat lyk

Close