×
Skakel na Engels

4 speelse maniere om fiks te word

Wanneer jy weer skuldig voel as jy verby jou afgeskeepte gimsak loop, oorweeg hierdie aktiwiteite wat jou op ’n prettige maniere sal help om fiks te word!
4 speelse maniere om fiks te word

1. Oefen met ’n hoelahoepel

Onthou jy nog hoeveel pret dit was om met ’n hoelahoepel te speel toe jy ’n kind was? Nou kan jy dit net soveel geniet en boonop fiks word! Hoelahoepels het ’n internasionale fiksheidstendens vir vroue én mans geword.

Dié roetine is goeie kardio-oefening en werk op jou kernspiere – en jy kan dit letterlik op enige plek doen. Dit is die perfekte aktiwiteit vir vriendinne. Kom dus bymekaar vir ’n prettige hoelahoepel-aand en word fiks!

KAAPSTAD:

Besoek Roundly Hoops vir nog inligting oor hoelahoepelgeleenthede in en om Kaapstad

JOHANNESBURG:

Kliek hier vir inligting oor plekke in Johannesburg.

2. Paaldans

As jy dink hierdie oefening is iets om oor te frons, dink weer. Paaldans is iets wat jonk en oud kan geniet. Dit verbeter beweeglikheid, versterk jou kernspiere en help om jou lyf te verferm.

Dié soort oefening is so gewild dat ’n amptelike vereniging, die Paaldanssportvereniging van Suid-Afrika, gestig is. Ná die klas sal jy sexy en bemagtig voel! 

KAAPSTAD:

Besoek Pole Dance Cape Town vir tydroosters vir klasse in Kaapstad. 

JOHANNESBURG:

Besoek SA Polefit en Vertical Vixen vir inligting oor plekke in Johannesburg wat dit aanbied.

DURBAN:

Besoek Nouveau Dance Studio vir klasse in Durban.

Lees: Word vinnig fiks met ons 4 mini-oefeninge

3. Lagjoga

Die uitdrukking “lag is die beste medisyne” is beslis op hierdie vorm van joga van toepassing. Lagjoga, die geesteskind van dr. Madan Kataria, het na meer as 100 lande versprei.

Lagjoga bestaan uit lag gekombineer met diep asemhaling en meditasie. Dié oefening het voordele vir jou verstandelike en fisieke gesondheid. Dit verlaag jou stresvlakke, bevorder positiwiteit en versterk jou kernspiere.

Besoek Laughter Yoga University om meer oor die voordele van lagjoga te leer.

4. Roller derby

Hierdie oefening is beslis nie vir bangbroeke nie. As jy nie ’n ervare rolskaatser is nie, moenie eens daaraan dink om hiervoor in te skryf nie.

’n Roller derby-span bestaan gewoonlik uit vyf rolskaatsers wat punte aanteken deur wettig spelers verby te steek terwyl hulle om die baan skaats en probeer keer dat hul teenstanders dieselfde doen. Hierdie fisieke sport verbrand vet, laat die hele liggaam oefen en hou die adrenalienvlakke hoog!

KAAPSTAD:

Besoek Cape Town Rollergirls as jy in Kaapstad woon.

JOHANNESBURG:

Besoek C-Max Roller Derby League as jy in Johannesburg woon en meer wil uitvind.  

FOTO: iStock/FatCamera

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Tuis-oefenprogram vir paartjies

Word op ’n prettige manier saam met jou maat fiks

Close