×

4 resepte om jou lewe ’n bietjie skop te gee

Tabasco het ’n plek op miljoene tafels oor die wêreld heen, en verskillende mense is om verskillende redes dol daaroor

Ons het vier redes gekies hoekom ons van die ikoniese Tabasco hou: die veelsydigheid, hoe dit gemaak word, die volhoubaarheid daarvan en, natuurlik, die skop. Hier is nog inligting oor hierdie vier eienskappe en ons keuse van die beste resepte om Tabasco in te gebruik.

  1. Veelsydigheid:

Baie mense het die vraag gevra: Is Tabasco ’n smaakmiddel of ’n bestanddeel? Dis die een vraag wat die kenners van die Tabasco-handelsmerk graag beantwoord, en die antwoord is eenvoudig: Dis albei. Jy kan Tabasco as ’n bestanddeel gebruik wanneer jy kosmaak om jou gereg meer geur te gee, of jy kan dit aan tafel byvoeg om jou gunstelingmaaltyd op te kikker. Ons is dol oor die veelsydigheid van Tabasco, of dit nou is om die geur van ’n omelet te versterk en verdiep of om as noodsaaklike bestanddeel te gebruik wanneer jy ’n vodka-en-tamatiesapdrankie maak. Dis ongelooflik veelsydig en selfs koningin Elizabeth het dit haar stempel van goedkeuring gegee!

 

Gepeperde grondboontjiehoemoes

hummus

MAAK: 1½ koppie

 

BESTANDDELE

  • 440 g-blik kekerertjies, met vloeistof
  • ¼ k olyfolie
  • 3 e romerige grondboontjiebotter
  • 2 e suurlemoensap
  • 2 knoffelhuisies
  • 1 e Tabasco® Pepper Sauce
  • ¼ t fyn komyn
  • roosmaryn, vir garnering
  • paprika, vir garnerig
  • pitabrooddriehoekies of kraakbeskuitjies

METODE

  1. Dreineer die kekerertjies; behou die vloeistof.
  2. Plaas die kekerertjies, ¼ koppie van die vloeistof, olyfolie, grondboontjiebotter, suurlemoensap, knoffel, Tabasco®-sous en komyn in ’n voedselverwerker.
  3. Zirts vir 1 minuut of tot amper glad.
  4. Om voor te sit, skep in ’n bakkie en garneer met roosmaryn en paprika.
  5. Sit voor met pitabrood of kraakbeskuitjies.

Vinnige feit

Tabasco word van net DRIE bestanddele gemaak: sout (van Avery Island), verouderde rooi brandrissies en asyn. Die resep het wesenlik dieselfde gebly sedert dit geskep is.

 

  1. Hoe dit gemaak word

Van saad tot sous, sorgvuldige kunstenaarskap is wat gebruik word om konsekwent die unieke, sterk geur te skep wat ’n huishoudelike naam en gevierde tradisie oor die wêreld heen geword het. Die McIlhenny-maatskappy gebruik sade van die hoogste gehalte wat die rasegte brandrissies van die beste gehalte word. Dit word op dieselfde dag saam met sout fyngemaak en in eikehoutvate verseël, waar dit vir drie jaar verouder word. Dan word dit met premium asyn vermeng om ’n eiesoortige rissiesous te skep.

 

Spinasiepesto

pesto

Genoeg vir: 1 bottel

BESTANDDELE

  • 2⅔ k vars spinasieblare, losweg gepak
  • ¼ k parmesaankaas, gerasper
  • ⅓ k okkerneute
  • 2½ e olyfolie
  • 1 klein knoffelhuisie
  • 1¼ t gedroogde basilieblare
  • 2 t Tabasco® Garlic Pepper Sauce
  • ⅓ t sout

 

METODE

  1. Plaas al die bestanddele in ’n voedselverwerker of vermenger en verwerk tot glad.
  2. Bedruip ’n pizza met pesto, meng pesto met warm pasta in of gebruik dit om ’n geroosterde kaastoebroodjie ’n bietjie skop te gee.

Vinnige feit

Daar is ongeveer 720 druppels in ’n bottel Tabasco® Original Red Pepper Sauce.

 

  1. Volhoubaarheid

Tabasco is omgewingsvriendelik omdat herwinbare glas gebruik word en hul verpakkingsmateriale word in die streek van ’n enkelaanlegfasiliteit verkry om energieverbruik en verskepingskoste te verminder. Die McIlhenny-maatskappy kyk voortdurend na maniere om hul omgewingsvoetspoor te verklein en dit kry ons goedkeuring.

 

Chipotle-appelkoolslaai

tabasco-online-recipes1

GENOEG VIR: 8

BESTANDDELE

  • 450 g-sak voorafgesnyde koolslaai
  • 2 Granny Smith-appels, ontklok en gekap
  • ½ k mayonnaise
  • 2 t Tabasco® Green Jalapeño Pepper Sauce
  • 2 t appelasyn
  • 1 sprietui, in dun skyfies gesny, vir garnering

METODE

  1. Meng al die bestanddele in ’n groot bak en verkoel totdat jy gereed is om dit voor te sit. 

Vinnige feit

Tabasco® het ’n lang raklewe – tot vyf jaar *, solank dit nie oopgemaak is nie. Bêre op ’n koel, droë plek. (* Nota: Dit geld net Tabasco® Original Red Pepper Sauce.)

 

  1. Die skop

Neem rasegte brandrissies, sout en premium asyn en verouder dit vir drie jaar – dís hoe jy daardie skop in Tabasco® kry. Dis die skop wat jy kry wanneer jy Tabasco® by jou pizza voeg, daardie enkele druppel of twee wat jy by jou tamatiesap voeg om die smaak op te kikker, of wanneer jy jou gunsteling-mayonnaise-en-tamatiesous-doopsous na nuwe hoogtes van smaak neem met net een druppel. Daardie skop is hoekom meer as 164 miljoen bottels Tabasco® elke jaar oor die wêreld heen verbruik word.

Lasagne Verde

lasagne

GENOEG VIR: 8

BESTANDDELE

Sous

  • ¼ k botter of margarien
  • 3 e veeldoelige meel
  • 410 ml hoenderaftreksel
  • 1 k melk
  • 2 e Tabasco® Chipotle Pepper Sauce

 

Vulsel

  • 2 e kookolie
  • 450 g gesnipperde hoender
  • 1 middelslag-ui, gekap
  • 1 e Tabasco® Green Jalapeño Pepper Sauce
  • 1 t sout
  • 420 g ricottakaas
  • 1 groot eier
  • 2 e vars pietersielie, gekap
  • 12 halfgaar spinasielasagne-velle
  • 300 g kersietamaties aan die rank, in die helfte gesny
  • ’n goeie hand vol vars basilieblare
  • 230 g mozzarellakaas, gerasper
  • ¼ k parmesaankaas, gerasper

 

METODE

  1. Maak die sous: Smelt die botter in ’n 2-liter-pot oor matige hitte.
  2. Roer die meel daarby in tot gemeng en glad.
  3. Voeg die hoenderaftreksel, melk en Tabasco® Green Pepper Sauce geleidelik by.
  4. Verhit totdat die mengsel verdik en kook; roer gereeld.
  5. Maak die vulsel: Verhit olie in ’n 30 cm-pan oor matige hitte; voeg die hoender en die ui by en braai totdat die vleis verbruin is; roer gereeld.
  6. Roer die Tabasco® Green Sauce en sout by.
  7. Meng die ricottakaas, eier en pietersielie in ’n klein bakkie.
  8. Smeer ’n bakskottel van 30 x 20 cm en smeer 1 k van die sous op die bodem.
  9. Plaas 3 lasagne-velle in die bakskottel. Smeer ⅓ van die hoendermengsel, ⅓ van die ricottakaasmengsel, ¼ van die mozzarella en ¼ van die oorblywende sous oor die velle.
  10. Herhaal die lae nog twee keer en plaas dan die oorblywende 3 lasagne-velle bo-op.
  11. Smeer die oorblywende sous oor die velle. Sprinkel ½ van die basilieblare, asook die tamaties, oorblywende mozzarella en die parmesaankaas bo-oor.
  12. Bedek die lasagne met foelie en bak by 180 ºC vir 30 minute.
  13. Verwyder die foelie en bak vir nog 10 minute of totdat die lasagne warm is en borrel. Sprinkel die oorblywende basilieblare bo-oor en laat staan vir 5 minute voor opdiening.

 

Vinnige feit

Alle Tabasco®-souse is glutenvry en geskik vir kosjer-geregte.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief