×
Skakel na Engels

4 redes om guacamole die ster by jou volgende kuier te maak

Avokado’s is een van die gesondste vrugte op die planeet. Dis die perfekte partytjiekos, maar ongelukkig is dit nie heeljaar beskikbaar nie.
avocado

Met Westfalia se klaargemaakte guacamole in verskillende geure kan jy heeljaar lank die heerlike avokadosmaak geniet. Hier is vier redes hoekom onthaal met Westfalia Guacamole heerlik én moeiteloos is:

  1. Jy het ’n verskeidenheid om van te kies

Westfalia Guacamole kom in vier heerlike geure. Of jy nou Spicy met ’n bietjie skop kies, Sweet Chilli Salsa, Plain of Biltong, Westfalia-guacamole sal beslis enige maaltyd opkikker.

  1. Dit maak onthaal moeiteloos

Die klaargemaakte guacamole sal jou tyd spaar sodat jy meer tyd het om te ontspan gedurende kuiers saam met familie en vriende. Dis die minimum moeite vir maksimum resultate.

  1. Dis gesond en heerlik

Elke 200 g-bakkie bevat tot 96% avokado – dit beteken dat die heilsaamheid van tot twee hele avokado’s in een bakkie vervat is, met speserye en geursel wat bygevoeg is vir ’n ekstra-heerlike smaak. Dis cholesterolvry, wat dit ’n heerlike alternatief vir doopsouse maak, en omdat dit geblitsvries word, word al die gesondheidsvoordele bewaar. Onoopgemaak kan Westfalia Guacamole tot twee weke in die yskas hou.

  1. Dis uiters veelsydig

Behalwe om dit as doopsous vir skyfies te gebruik, is daar baie ander maniere om Westfalia Guacamole te geniet. Voeg dit by ’n hoenderslaai, smeer rojaal op ’n burgerpattie of voeg ’n skeppie of twee by pizza. Dis ook heerlik saam met ’n omelet en kan as plaasvervanger vir suurroom gebruik word wanneer jy dit saam met ’n gebakte aartappel voorsit.

 

Probeer hierdie maklike resep by jou volgende byeenkoms:

Pikante visburgers met guacamole

Bestanddele

Vir die patties:

4 vars stokvisfilette (150 g tot 200 g elk), grofgemaal

½ bos sprietuie, gekap

¼ k (60 ml) gekapte vars koljander, plus ekstra vir opdiening

2 e (30 ml) Westfalia Chilli-Flavoured Avocado Oil

1 t (5 ml) Westfalia Garlic-Flavoured Avocado Oil, plus ekstra vir braai

1 eier, geklits

3 e (45 ml) meel, plus ekstra om mee te bestuif

sout en varsgemaalde swartpeper

 

Om voor te sit:

burgerrolletjies

slaaiblare

gesnyde tamatie

1 houertjie (200 g) Westfalia Spicy Guacamole

 

Metode

  1. Meng die pattiebestanddele in ’n groot bak. Geur goed.
  2. Verdeel die mengsel in vier patties en bestuif met meel.
  3. Verhit ’n skeut olie in ’n pan.
  4. Braai die patties tot goudkleurig en deurgaar.
  5. Sit voor op broodrolletjies met slaaiblare, gesnyde tamatie en ’n ruim skeppie Westfalia Spicy Guacamole.

 

Gaan na www.avolicious.co.za vir nog heerlike resepte.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Patat-“roosterbrood”

Of jy ’n glutenvrye leefstyl volg of eenvoudig minder koolhidrate wil eet, die nuwe patatbroodalternatief is die ideale gesonde, smaaklike,...

Close