×
Skakel na Engels

4 oplossings vir ’n gebalanseerde, voedsame dieet

Dis nooit te laat om jou gesin gesond te laat eet nie. Probeer hierdie maklike strategieë

Ma’s weet hoe moeilik dit kan wees om die gesin sover te kry om gesond te eet. Probeer hierdie nuttige wenke van die skeppers van Scott’s Emulsion-lewertraan.

  1. Huis is waar die gesonde kos is

Hou ’n verskeidenheid gesonde kosse soos maer proteïen, vrugte, groente en heelgrane in die huis beskikbaar en beperk die minder goeie kosse en peuselhappies in jou yskas of koskas (of sluit dit heeltemal uit). Só sal daar ’n verskeidenheid gesonde keuses beskikbaar wees wanneer jy maaltye beplan of hongerig voel.

  1. Bied ’n verskeidenheid

Vermy dit om aanhoudend dieselfde maaltyd voor te sit net omdat jy weet jou kind sal dit eet. Maak eerder seker daar is ’n verskeidenheid koskeuses. Selfs ’n kieskeurige eter se dieet balanseer oor die verloop van ’n week uit.

  1. Hou vrugte en groente gereed

Vooraf gewaste en gesnyde vrugte en groente (babawortels, kersietamaties, komkommerrepies, druiwe en bessies) in die yskas is aanloklike peuselhappies vir kinders. Dit kan moeilik wees om kinders vrugte en groente te laat eet, maar dis een van die noodsaaklike hoekstene van ’n gesonde, gebalanseerde dieet en hoe geredeliker dit beskikbaar is, hoe meer geneig sal kinders wees om dit te probeer.

  1. Doen dit self ook

Een van die belangrikste dinge wat ’n ouer kan doen, is om ’n voorbeeld te stel. Kinders sal nie komkommerrepies wil probeer as hulle jou ’n bak skyfies sien eet nie. Eet dieselfde maaltyd (groente ingesluit) saam as ’n gesin. Dis een van die kragtigste boodskappe vir gesonde eetgewoontes wat jy kan bied.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Yuppiechef.com-uitverkoping

Op soek na maklike Kersgeskenke? Hierdie uitverkoping is die oplossing. Deur Leah van Deventer

Close