×
Skakel na Engels

4 ontbytreëls vir gewigsverlies

Maak die eerste maaltyd van die dag ’n wapen vir gewigsverlies deur dié verstandige wenke te volg. Deur Jenny Sugar

Young woman is eating breakfast cereal

As jy probeer gewig verloor, is die antwoord nié om maaltye – veral ontbyt – oor te slaan nie. Ontbyt wakker jou metabolisme aan, wat jou help om meer kilojoules gedurende die dag te verbrand. ’n Stewige maaltyd vroeg in die dag sal jou ook langer laat vol bly. Jy sal dus minder kilojoules later in die dag eet. As jy ’n paar kilo’s ná die feestyd wil afskud, volg dié vier ontbytreëls:

1. Eet ontbyt binne ’n uur nadat jy opgestaan het.

Mense wat gereeld ontbyt eet, is minder geneig om oorgewig te wees, maar die tydsbereking is ook belangrik. Probeer om ontbyt te eet binne ’n uur nadat jy opgestaan het. ’n Vroeë ontbyt help jou sirkadiese ritmes handhaaf en kry jou metabolisme vroeg aan die gang.

2. Kies proteïen bo suiker.

Hoewel dit moeilik kan wees om plaatkoekies met stroop te weerstaan, is dit nie iets wat jy gereeld vir ontbyt moet eet nie! Kies eerder ’n proteïenryke ontbyt, soos eiers, Griekse jogurt, volgrane en neute. Dit bevat minder kilojoules en verskaf meer energie as die suikerryke opsie.

3. Maak vesel jou vriend.

Om gewig te verloor moet jy kos eet wat jou versadig laat voel sodat jy jou nie aan hoëkilojoulekosse vergryp omdat jy honger is nie. Eet baie vesel vir ontbyt, minstens 8 g. As jy haastig is, probeer ’n vrugtesmoothie of ’n bak veselryke, onversoete ontbytgraan.

4. Hou die kilojoules dop.

Hou jou ontbyt tussen 1 255 kJ en 2 090 kJ, maar neem jou gewig, jou gewigsverliesdoelwitte en wat jy die res van die dag eet in ag. Kies laekilojoule-opsies, soos ’n omelet met groente, Griekse jogurt, vars vrugte en volgraanroosterbrood.

Van: Health US

LEES OOK:

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 Maklike Wenke vir Gewigsverlies

As jy hoop om vanjaar ’n paar kilo’s te verloor, begin geleidelik met jou gewigsverliesstrategie met hierdie wenke – dis...

Close