×
Skakel na Engels

4 maniere om pragtig wakker te word

Volg dié 4 wenke en lyk én voel praktig wanneer jy wakker word

 

 

1. Stryk fyn lyne uit: Gebruik ’n nagroom wat hialuronsuur bevat vir ’n douvars gelaat. Dit help die vel om water op te neem wat weer plooie help uitstryk.

 

Produkte:

– Neutrogena Ageless Intensive Anti-Wrinkle Deep Wrinkle Night Moisturiser

– Eucerin Anti-Age Hyaluron-Filler Night Cream

– Vichy LiftActiv Retinol HA Night

 

2. Kaap krulle: Slaap op ’n satynkussing as jy nie wil opstaan met hare wat verlê is nie. Dit veroorsaak minder wrywing as katoen, wat die kroeserige effek verminder. ’n Verdere pluspunt is dat satyn, anders as katoen, nie vog absorbeer nie, dus bly jou nagroom ook veilig waar dit hoort.

 

3. Bevog die res ook: Dis goed om handeroom aan te smeer voordat jy bed toe gaan, maar moenie ander droë areas soos jou hakke, elmboë en knieë vergeet nie. Gebruik ’n ryk vogroom wat melksuur of ureum bevat. Die bestanddele se werking is tweeledig: Dit bevog én dien as afskilferaar sodat jy wakker word met ’n gladder, sagter vel.

 

Produkte:

Dove Firming Nourishing Body Lotion

Johnson’s 24hour Moisture Body Lotion

 

4. Voorkom pofferige oë: Staan jy soggens met sakkies onder jou oë op? Dan moet jy dalk kyk na die posisie waarin jy slaap. As jy heeltemal plat lê, kan vloeistof rondom jou oë opbou. Gebruik ’n ekstra kussing en slaap op jou rug sodat die oortollige vloeistof kan dreineer. Wend voor bedtyd ’n oogroom wat kafeïen bevat aan.

 

Produkte:

– Garnier Youthful Radiance Caffeine Eye Roll-on

– Estée Lauder Idealist Cooling Eye Illuminator

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief