×
Skakel na Engels

4 maniere om meer vir minder te koop

Inkopies is soveel meer pret wanneer dit jou nie platsak laat nie. Só kan jy slimmer koop

1. Ontdek fabriekswinkels

Volgens Pam Black, skrywer van The A-Z Of Factory Shops In The Western Cape (Pam Black Publications) is kopies by fabriekswinkels gewoonlik bestellings wat gekanselleer is, ou voorraad, toetsmonsters en uitskotartikels. “Jy kan 30% tot 50% afslag op sommige groot handelsmerke kry, en wanneer jy ’n fabriekswinkel gedurende ’n uitverkoping besoek, kan die besparings selfs groter wees.”

Besoek www.factoryshops.co.za.

 

 

2. Moenie van kos vergeet nie

Onthou daar is ook fabriekswinkels wat kos verkoop. “Neem ’n koelhouer saam,” is Black se raad. “Talle fabriekswinkels wat verskaffers vir vooraanstaande kleinhandelaars is, stel ook hul winkels vir die publiek oop. Sommige verkoop soms produkte soos koekies en beskuit teen die helfte van die kleinhandelprys.”

 

 

3. Kry ’n lojaliteitskaart

Alle ondernemings wil hê jy moet terugkeer; dus bied selfs klein dienspunte soos skoonheidsalonne en CD-winkels deesdae lojaliteitskaarte waardeur kliënte beloon word. Clicks en Dis-Chem het lankal reeds sulke kaarte. Henry Smith, ’n kliëntediens-konsultant by Pick n Pay, sê die maatskappy se Smart Shopper-program gee jou een punt terug vir elke rand wat jy bestee. Woolworths bied ’n verskeidenheid kaarte en bied houers tot 20% afslag op kruideniersware, klere en huisware.

 

 

4. Vra oor uitverkopings

 

Bel om te hoor wanneer jou plaaslike winkelsentrum sy volgende uitverkoping aanbied en bel ook die winkels waar jy die meeste koop of volg hulle op Twitter of Facebook om meer van hul uitverkopings te hoor.

 

LEES OOK:

 

Vergelyk en spaar

10 maniere: Hou meer vakansie vir minder

10 maklike maniere om geld te spaar

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 maniere waarop jy geld mors in jou huis

Bring dié klein sakpasveranderinge aan en jy sal sommer gou groot resultate sien

Close