×
Skakel na Engels

4 maniere om die meeste uit jou sonskermmiddel te kry

Leer meer oor sonskade en veral hoe om dit te verhinder

 

 

1. AS JY TWYFEL, GOOI WEG. Sonskermmiddels kan vir twee tot drie jaar gebruik word vandat dit oopgemaak is. As jy dit tussen seisoene op ’n droë, donker plek bêre, hoef jy jou nie aan die vervaldatum te steur nie. As jy nie kan onthou wanneer jy dit gekoop het nie, gooi dit liewer weg. Bygesê, as ’n bottel sonskerm jou langer as een somer hou, gebruik jy hopeloos te min.

 

2. AS JY GAAN SWEM: Gebruik ’n waterdigte sonskermmiddel, maar moenie dat die woord “waterdig” jou flous nie. Wend dit wéér aan sodra jy uit die water kom.

 

3. AS JY BESORG IS OOR DIE UITWERKING VAN CHEMIKALIEË OP JOU KINDERS: Gebruik ’n minerale sonskermmiddel. Dit bevat nie chemikalieë nie. Selfs al lek jou kind haarself, sal sy dus nie siek word daarvan nie. (Dís hoekom sonskermmiddels vir babas en kinders gewoonlik minerale formules is.)

 

4. WAG 30 MINUTE. REGTIG. As daar staan: “Wend 30 minute voor sonblootstelling aan,” dóén dit. Chemiese sonskermmiddels bied eers ná 30 minute beskerming. Haastig? Gebruik eerder ’n minerale sonskerm, want dít werk dadelik.

 

 

LEES OOK:

Verstandig met sonskerm

Eet jou SBF

Probleme met pigmentasie?

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
6 soorte eetgoed wat jou ouer laat lyk

As jy dié eet- en drinkgoed uit jou dieet sny, kan dit jou jare jonger laat lyk

Close