×

4 maniere om borskanker te help beveg

Ondersteun dié handelsmerke om die stryd teen borskanker te help oorwin
borskanker

Oktober is borskankerbewustheidsmaand, ’n wêreldwye jaarlikse veldtog wat die belangrikheid van borskanker beklemtoon en bewustheid oor dié siekte help skep.

Ons het ’n lys van inspireremde skoonheidshandelsname saamgestel wat dié veldtog in ’n groot mate ondersteun. Deur een of meer van dié name te ondersteun kan jy ook die stryd teen borskanker help oorwin.

 

1. AVON JUSTINE

01a

Op Sondag 23 Oktober kan jy saam met Avon Justine aan hul 11de jaarlikse staptog deelneem. Avon Justine het tot op hede meer as R20 miljoen ingesamel deur die verkope van “pienk strikkie”-produkte vir borskankeropvoeding, -bewusmaking en -toetse in Suid-Afrika.

Sluit jou op Sondag 23 Oktober by hulle aan by die Marks Park Sports Club, Juditweg, Emmarentia, Johannesburg.

Koste: R120 per volwassene; R80 per kind onder 12 jaar.

Besoek www.ithembawalkathon.co.za vir nog inligting.

 

2. CLINIQUE

clinique-great-skin-great-cause-dramatically-different-moisturizing-lot

Clinique gaan weer hierdie merkwaardige veldtog ondersteun deur R40 van die verkope van elke Dramatically Different Moisturizing Lotion in die maand van Oktober aan Look Good Feel Better te skenk – dié niewinsgedrewe organisasie sorg vir vroue met kanker.

Die produk kom met ’n pragtige pienk-strikkie-sleutelring en is landwyd vir R695 te koop.

 

3. ESTÉE LAUDER

estee-lauder-advanced-night-repair-synchronized-recovery-complex-ii-with

Estée Lauder gaan sy nommereenserum, Advanced Night Repair, inspan om bewusmaking oor borskanker te skep deur R20 van die verkope van elke botteljie aan Look Good Feel Better te skenk. Dié spesiale oplaag kom met ’n elegante emaljeborsspeldjie in die vorm van ’n pienk strikkie, waarmee gebruikers vir ander kan wys dat hulle hierdie goeie saak ondersteun.

Dit is landwyd vir R1 055 te koop.

 

4. ghd

ghd_electric-pink_fb1-1200x1200

ghd het vir sy kultus-stileerprodukte ’n skelpienk baadjie aangetrek en kragte met die PinkDrive saamgesnoer om hul waardevolle borskankerwerk te ondersteun. Jy kan wys dat jy óók omgee deur een van hierdie beperkte-oplaag-produkte te koop, waarmee ghd dan namens jou geld aan die PinkDrive sal skenk.

Beperkte-oplaag-ghd-lughaardroër in “electric-pink”en stofsakkie: R1 799

Beperkte-oplaag-ghd-platinumstileerder in “electric pink” en rolsakkie: R3 299

Beperkte-oplaag-ghd-V-stileerder in “electric pink” en rolsakkie: R2 499

Lees ook: ghd en PinkDrive bring aan jou ware skoonheid

Ondersteun borskankerbewustheidsmaand deur enige van die produkte hier bo te koop en só bewusmaking te help bevorder.

 

LEES OOK

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die een vraag wat jy jou ma vandág moet vra

As jy jou ma hierdie Borskankerbewustheidsmaand één ding vra, laat dit hierdie vraag wees ...

Close