×
Skakel na Engels

4 lipstiffieskakerings vir ’n donkerder vel

Ons het 4 fantastiese lipstiffieskakerings vir donkerder veltone gekies

 

Daar is so baie lipstiffieskakerings dat dit moeilik kan wees om die regte een te kies. Hier help ons vroue met ’n donkerder veltoon om reg te kies

Die eerste stap om uit te vind watter skakering jou sal pas, is om vas te stel of jou velondertoon warm of koel is. Om dit te doen, kyk na die binnekant van jou pols na die kleur van jou are. As jy blou are het, dui dit op koel tone, en groen dui op warm tone. Hou dit in gedagte om ’n skakering te kies wat jou die beste sal pas uit hierdie lys van ons geliefkoosde lipstiffieskakerings hier onder.

  1. ROOI

Rooi lipstiffies is treffend en gesofistikeerd en lyk goed op alle veltone. Kies óf ’n oranje-rooi óf ’n warm, ryk rooi skakering om jou vel te komplementeer.

Koel toon

3380814436118

Clarins Joli Rouge-lipstiffie in Joli Red

Warm toon

3380814435517

Clarins Joli Rouge-lipstiffie in Magenta Red

 

  1. WYNROOI

Wynrooi lipskakerings is meer dramaties en perfek vir die winter.

Koel toon

lipstick

redsquare.co.za

Bobbi Brown Rich Lip Color in Plum Rose

Warm toon

lipstick

redsquare.co.za

Bobbi Brown Lip Color in Burnt Red

 

  1. NARTJIEKLEUR EN KORAAL

Nartjiekleure en koraal lyk ongelooflik op ’n donkerder veltoon. Moet dus nie dat hierdie helder keuse jou intimideer nie.

Koel toon

lipstick

redsquare.co.za

Catrice Cosmetics Ultimate Colour in The Lips Are On Fire

Warm toon

lipstick

redsquare.co.za

Clinique Long Last Soft Matte Lipstick in Mandy-rine

  1. NEUTRAAL

Neutrale lipstiffies is ideaal vir elke dag. As jy ’n neutrale lipstiffie kies, kan jy swaarder ooggrimering dra. Dink glimmende goue en silwer oogskadu’s met lang, welige wimpers.

Koel toon

lipstick

redsquare.co.za

Essence Longlasting Lipstick in Purple

Warm toon

lipstick

redsquare.co.za

Essence Longlasting Lipstick in Dark Nude

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
10 skoonheidswenke om geld en tyd te spaar

Kry die meeste uit jou grimering en spaar geld met hierdie skoonheidswenke

Close