×
Skakel na Engels

4 lekker middagete-idees met oorskiet-pesto

Heerlike en maklike planne met pesto
oorskiet-pesto

Pesto is een van daardie bestanddele wat ’n mens altyd in jou yskas behoort te hê – dis veelsydig en gee hope geur aan enige gereg. Kikker jou middagetes op met hierdie smullekker planne met oorskiet-pesto:

Pin hierdie artikel vir later! Volg Goeie Huishouding op Pinterest vir nog.

1. Pesto-en-hoenderbroodjie

Voeg by mayonnaise en gesnipperde hoender vir ’n gourmet-toebroodjie.

2. Pesto-aartappelslaai

Voeg by vinaigrette en meng met gaar baba-aartappels, gaar spek, gekap, en sprietuie.

3. Pesto-en-kaasmuffins

Voeg 1 e tot 2 e by ’n spinasie-en-kaas-muffinmengsel.

4. Pesto-doopsous

Voeg 1 t tot 2 t by ’n ½ k hummus vir ’n geurige doopsous saam met groenterepies.

FOTO: iStock/OlgaMiltsova

LEES OOK:

Die perfekte pesto

6 trooskosse vir jou winterkosblik

12 lekker idees vir kosblikkos

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
7 laekilojoule-smaakwenners vir toebroodjies

Jou gunsteling-toebroodjie hoef nie gelaai met kilojoules te wees om vullend en smaaklik te wees nie. Dié byvoegings is figuurvriendelik...

Close