×
Skakel na Engels

4 lekker middagete-idees met oorskiet-maalvleis

Maalvleis is so veelsydig
oorskiet-maalvleis

Dit maak nie saak hoe jy skat en beplan nie, daar bly feitlik altyd ’n bietjie maalvleis oor. Hier is vier smullekker idees om dit in middagetes vir die volgende dag te omskep:

1. Gebakte aartappel met maalvleis en kaas

Bak ’n aartappel. Bêre in ’n kosblik met ’n houertjie maalvleis en nog een met gerasperde kaas. Verhit en geniet!

2. Skilferkorsdeeg-vierkante

Rol skilferkorsdeeg uit en sny dit in die lengte in die helfte. Druk ’n 1 cm-rand reg rondom elke helfte. Skep bolognese, feta en olywe bo-op. Bak vir 20 tot 25 minute by 180 °C. Sny in vierkante.

3. Pitabrood-driehoeke

Rooster pitabrode en sny dit in driehoeke. Geniet saam met maalvleis, salsa en guacamole. Voeg Tabasco Chipotle-sous by vir ’n rokerige smaak.

4. Maalvleismuffins

Meng 1 k spaghetti, 1 k bolognese, 1 k gerasperde kaas en 2 geklitste eiers. Skep in ’n muffinpan met 12 holtes wat liggies gesmeer is en bak by 180 °C vir 20 tot 25 minute.

FOTO: iStock/brazzo

LEES OOK:

5 fantastiese maalvleisresepte

Kerrieresepte vir elke dag van die week

12 lekker idees vir kosblikkos

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 lekker middagete-idees met oorskiet-pasta

Oorskiet-pasta is die ideale basis vir smullekker middagetes

Close