×
Skakel na Engels

4 kosse wat jou immuunstelsel help versterk

Word jy gedurig siek? Voeg hierdie kosse by jou wintereetplan en gee jou immuunstelsel ’n ekstra hupstoot

Ons is nog in die middel vn die verkoue-en-griepseisoen, en selfs al was jy reeds siek, kan jy jou immuunstelsel sterk hou om te keer dat jy weer siek word. “Gee jou liggaam die regte vitamiene en minerale deur ’n dieet ryk aan voedingstowwe te eet. Dit doen baie om jou liggaam teen verkoue en griep te versterk en selfs infeksies te beveg,” sê Naazneen Khan, bestuurder van voeding, gesondheid en welstand by Nestlé Suid-Afrika. Om die winterkieme hok te slaan, rond jou bord met hierdie immuunversterkende bestanddele af.

Blomkool

Dit help om jou selle in ’n werkende toestand te hou, waaronder die selle wat infeksies beveg en jou immuunstelsel sterk hou. ’n Sterker immuunstelsel beteken dat jou liggaam beter toegerus sal wees om verkoues en griep te beveg.

Wortels en patats

Wortels en patats help om jou vel en slymvliese te ondersteun, wat jou hoofverdedigingslyn teen virusse is.

Hoender

Wanneer dit gekook word, help hoenderproteïen om slym te verdun en dit uit die liggaam te skei.

Voel jy nie so lekker nie?

“Soppe is ’n goeie manier om jou gehidreer te hou en die hitte van die sop help om slym te verdun. Dit help om die neusgange oop te maak,” sê Khan.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
4 noodsaaklike wenke vir jou tuingereedskap

Volg hierdie raad om jou tuingereedskap in ’n goeie toestand te hou

Close