×
Skakel na Engels

4 inkopiewenke om geld te spaar

Ons het ’n paar wonderlike wenke oor hoe om jou rande te rek wanneer jy inkopies doen

 

 

1. Sê jy is ’n plaaslike inwoner

Wanneer jy rondbel vir vakansiepryse of toere in Suid-Afrika, sê jy wil plaaslike pryse betaal. Dieselfde geld maatskappye wat goedere of dienste aan buitelandse reisigers verkoop, soos handvlytmarkte en sommige motorhuurmaatskappye.

 

2. KIES LIEFDADIGHEID

As jy nog nooit in ’n liefdadigheidswinkel was nie, weet jy nie wat jy misloop nie! Baie mense raak van (steeds bruikbare) rommel ontslae of skenk sulke goed aan liefdadigheidsondernemings soos ’n hospies. Jy kan kristal-wynglase, klere en leersakke teen weggeepryse raakloop wat jy nie in gewone winkels sal kry nie. Kies ’n liefdadigheidswinkel in ’n gegoede gebied vir goedere van die beste gehalte!

 

3. DIE REGTE MATE

Dra altyd jou gesin se mates saam met jou, sê Pam Black, skrywer van The A-Z Of Factory Shops In The Western Cape (Pam Black Publications). “Dit skakel raaiwerk uit en wanneer winskopies op onverwagte tye opduik, is jy voorbereid. Daar is min dinge so frustrerend soos om ’n ongelooflike winskopie raak te loop en dit dan nie te koop nie uit vrees dat dit nie sal pas nie!”

 

4. VRA AFSLAG

Dis ’n gegewe by artikels met ’n defek, maar vra in elk geval daarvoor, veral wanneer jy kontant betaal of ’n hele aantal artikels by dieselfde handelaar gekoop het. Dit sal die beste werk by winkels met eienaars aan die stuur. Vra ook vir afslag by hotels en meubelwinkels.

 

Deur Nia Magoulianiti-McGregor

 

Kliek hier vir meer wenke oor hoe om meer vir minder te koop

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
3 geldlesse om jou tieners te leer

Dis nooit te vroeg om jou kinders van geld te leer nie. Ons het by kenners gaan kers opsteek oor...

Close