×
Skakel na Engels

4 heerlike en prettige planne met brood

Brood sal nooit weer vervelig wees nie!
Sasko Sam webvertorial

 

Baie van ons kan die vriendelike gesig onthou wat ons met ’n sagte glimlag begroet het elke keer dat ons ons gunsteling-SASKO-brood gekoop het toe ons grootgeword het. Met die terugkeer van SASKO se legendariese SASKO Sam-brood kan jou kinders meer opgewonde as ooit tevore wees wanneer hulle sien watter heerlike toebroodjies en happies jy vir hulle vir skool ingepak het.

 

HET JY GEWEET? Toebroodjies is nie die enigste ding wat jy met heerlike SASKO Sam-brood kan maak nie. Hier is ’n paar wonderlike idees:

4 planne met heerlike SASKO Sam-brood

1. Maak toebroodjies prettig met snaakse gesiggies

Verras jou kinders deur kreatief te raak met hul middagtoebroodjies. Gebruik koekiesnyers en maak ’n toebroodjie met ’n snaakse gesiggie, en gebruik vrugte en groente om dit in te kleur. Jou kinders sal dol oor die verrassing wees.

2. Maak ’n honderdpoot-toebroodjie

Kom maats vanmiddag by jou kind speel? Verras hulle met hierdie prettige idee vir ’n versnapering – ’n honderdpoot-toebroodjie! Probeer dié lekker resep:

Honderdpoot-toebroodjie

Bestanddele

mayonnaise

8 snye SASKO Sam-wit- of -bruinbrood

4 snye ham

’n halwe komkommer

1 radys

wit kaas 

Metode om die toebroodjies te maak

  1. Smeer ’n bietjie mayonnaise op elke sny brood.
  2. Maak 4 toebroodjies met die ham en brood.
  3. Gebruik ’n koekiesnyer en sny 4 sirkelbroodjies uit elkeen sodat jy altesaam 16 sirkels het.

Metode om die kop en pote te maak

  1. Sny die komkommer in die lengte in vier eweredige repe.
  2. Sny drie van die repe in driehoeke of blokkies om die voete te maak, en los een reep vir die voelers.
  3. Sny 2 dun stroke uit die laaste reep om die voelers te maak en plaas dit eenkant.
  4. Sny die bopunt van die radys af sodat dit ’n plat kant het om op te staan, en maak dan twee gate met ’n mes bo-in vir die komkommervoelers.
  5. Sny ’n stukkie wit kaas in twee sirkels en ’n halfmaan vir die honderpoot se oë en mond. Gebruik ’n bietjie mayonnaise om dit op die radys vas te plak om ’n gesig te maak.
  6. Druk die twee komkommervoelers in die gate aan die bokant van die radys.
  7. Plaas dit op ’n langwerpige bord en rangskik dan die ronde toebroodjies in ’n slangvorm agter die kop om die lyf te vorm.
  8. Gebruik die komkommerdriehoekies of -blokkies om voete weerskante van die lyf te maak.

3. Maak die perfekte hamburgerpattie

Jy hoef brood nie net vir toebroodjies te gebruik nie. Jy kan dit ook by hamburgerpatties en frikkadelle voeg, want dit bind die mengsel. Voeg ’n bietjie geklitste eier en broodkrummels by om jou patties en frikkadelle ekstralekker te maak.

4. Raak kreatief met ontbyt

Maak ’n prettige, heerlike ontbyt vir jou kinders met net een sny brood! Sny ’n gat in ’n sny brood, rooster dit in ’n bietjie botter in ’n pan, breek ’n eier in die gat en bak dit. Met hierdie oulike ontbyt-idee sal jy nie sukkel om jou kinders uit die bed te kry nie!

SASKO SAM

Besoek www.sasko.co.za vir nog inligting oor SASKO se heerlike produkte.

Foto: SASKO

Hooffoto: iStock/SolStock

 

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
13 kosse om te vermy wanneer jy ontbyt eet

Ontbytpap is nie altyd so onskuldig soos ons gedink het nie . . . Deur Catriona Harvey-Jenner

Close