×
Skakel na Engels

4 gevalle waar jy die skil behoort te eet

Die skille, doppe en peule van sekere kosse is propvol vesel, vitamiene of proteïen

 

 

1. Appelskil: Behalwe dat dit ’n goeie bron van antioksidante en vesel is, kan appelskille jou bloeddruk help beheer, volgens ’n studie aan die Nova Scotia-landboukollege in Kanada. Les: ’n Appel ’n dag kan dalk regtig die dokter laat wag – as jy dit nie skil nie.

2. Sitrusskille: Voeg ’n bietjie gerasperde skil van ’n lemoen, suurlemoen of pomelo by jou muffinresepte of selfs pastageregte, sê die navorser dr. Arshad Hussain. Die skil van dié vrugte is ’n uitstekende bron van antioksidante soos betakaroteen en vitamien C.

3. Amandelvelletjies: Moenie amandelsplinters eet nie – die bruin velletjie is goed vir jou spysvertering omdat dit prebiotikavlakke, die goeie bakterieë in jou ingewande, verhoog, sê die dieetkundige Dawn Jackson Blatner.

4. Ertjiepeule: Jy sal amper 400 kJ per koppie spaar as jy ertjies in peule (dopertjies is goed) pleks van uitgedopte ertjies eet. Een koppie ertjiepeule bevat sowat 105 kJ in vergelyking met uitgedopte ertjies. Die peule is ook propvol proteïen en vesel.

 

– Marissa Conrad

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
Die ware redes hoekom jy kul terwyl jy op dieet is

So jy het jou dieet verbreek? Die kans is goed dat een van hierdie emosionele snellers – nie honger nie...

Close