×
Skakel na Engels

4 gesigmaskers wat jy by die huis kan maak!

Die geheim vir ’n mooi vel is in jou kombuis! Ons wys jou 5 eenvoudige en heerlike selfdoen-gesigmaskers wat jy by die huis kan maak.
gesigmaskers

HAWERMOUT-GESIGMASKER

Goed om ’n moeë vel te vernuwe

Jy sal die volgende nodig hê:

  1. ½ koppie warm water
  2. ½ koppie hawermout
  3. 2 e ongegeurde jogurt
  4. 1 e heuning
  5. wit van 1 klein eier

Meng die water met die hawermout en laat dit vir 3 tot 4 minute afkoel. Voeg die jogurt, heuning en eierwit by. Meng goed en wend ’n dun lagie aan jou gesig aan. Los dit vir 10 tot 15 minute op en spoel dit dan met louwarm water af. Jou vel sal verfris voel.

 

HEUNING-EN-AVOKADO-GESIGMASKER

Goed vir hidrasie

Jy sal die volgende nodig hê:

  1. 1 t natuurlike heuning
  2. 1 t fyngemaakte avokado
  3. 1 t klapperolie

Meng al die bestanddele in ’n bak. Was jou gesig en druk dit liggies droog. Maak seker jou hande is skoon en masseer dan die masker op jou gesig. Laat die masker vir 10 tot 15 minute op jou gesig. Spoel met louwarm water af en druk jou vel droog. Jou vel behoort gehidreer te voel.

 

PIESANG-GESIGMASKER

Goed vir hidrasie en ’n soepel vel

Jy sal die volgende nodig hê:

  1. 1 klein piesang
  2. 1 t lemoensap
  3. 1 t Griekse jogurt

Druk die piesang saam met die sap en die jogurt in ’n bak fyn totdat die mengsel glad is, of zirts dit in ’n menger vir ’n vinnige, gladde masker. Wend dit aan jou vel aan en los dit vir tien minute aan. Spoel met louwarm water af en druk jou gesig droog Dié masker sal jou vel gehidreer en meer elasties laat voel.

 

KOMKOMMER-GESIGMASKER

Goed om ’n droë vel te streel

Jy sal die volgende nodig hê:

  1. ½ komkommer, gesny
  2. 1 e gemaalde hawermout
  3. 1 e heuning

Maak die komkommer fyn en skep dit in ’n mengbak. Roer die hawermout en heuning by en wend dit aan jou gesig. Masseer die mengsel sagkens met sirkelbewegings in jou gesig in. Los dit vir 10 tot 15 minute aan. Spoel af met koue water en druk met ’n skoon handdoek droog. Dié masker is fantasties om ’n droë vel te streel en help herstel.

Hou jy hiervan?
op ons GRATIS Goeie Huishouding-resepnuusbrief
 
5 Verrassende maniere om met ’n sny brood skoon te maak

Hier is nog ’n rede om van wit brood te hou: dis verrassend nuttig as skoonmaker. Gebruik dit onder die...

Close